Murray, William

Ds en mev William Murray

gebore

21 Okt. 1829

OORLEDE

16 Jul. 1899

UNIVERSITEIT

Skotland; Utrecht

gelegitimeer

1853

ORDEN

1853

standplase

1854 Middelburg, Kaap

1865 Worcester

EMERITEER

Ds. William Murray ontsliep zacht op Zondag den 16den Juli 1899 in de pastorie te Worcester, alwaar hij 34 jaren lang met voorbeeldelooze nauwgezetheid heeft gearbeid, bemind en hooggeacht door allen die hem kenden. Te Graaff-Reinet geboren den 21 October 1829, werd hij, na voorbereidende studie in Schotland en te Utrecht (Holland) tot de Evangelie bediening opgeleid. In November 1853 in Zuid Afrika teruggekeerd en gelegitimeerd, arbeidde hij sedert het begin van 1854 te Middelburg, K.K. alwaar hij op 14 Mei van dat jaar werd bevestigd. Op den 18 Juni 1865 vond zijne bevestiging te Worcester plaats, alwaar hij in rijpen leeftijd, bemind wegens zijne vele uitmuntende hoedanigheden, zijne innige godsvrucht en zijne liefde voor zijne gemeente niet alleen, maar voor de vele doofstomme en blinde kinderen die aldaar verpleegd worden, inging in de rust die er voor Gods volk overblijft. (Jaarboek)

Ekstra:

Ds. William Murray (Graaff-Reinet, 29 Oktober 1829 Worcester, 16 Junie 1899) was die derde van ds. Andrew Murray sr. se vyf seuns wat predikant geword het.

Reeds op ‘n vroeë ouderdom gaan hy na Nederland om in die teologie te studeer en kom saam met ds. A.A. Louw in 1852 na Suid-Afrika terug. Sy eerste gemeente was die NG gemeente Middelburg, Kaap, waar hy arbei van 1854 tot 1865. Toe die Ringskommissie van Graaff-Reinet op 19 Mei 1852 amptelik oorgaan tot die stigting van die dié gemeente, was sy vader een van die drie kommissielede. Die eerste konsulent was sy oudste broer, ds. John Murray, destyds leraar van die NG gemeente Burgersdorp, waarna William die eerste leraar word. Gedurende sy bediening daar word ‘n nuwe kerkgebou opgerig.

Op 18 Junie 1865 vind sy bevestiging in die NG gemeente Worcester plaas, waar hy arbei tot en met sy dood in 1899. Blykbaar is die NG gemeente op De Doorns, NG gemeente Murray, na hom vernoem.

Ds. Murray is, so skryf eerw. A Dreyer, gekenmerk deur buitengewone nederigheid, buitengewone liefde, buitengewone ywer en buitengewone toewyding aan die Here en die diens van die Here. Hy het hom oor die ellendiges ontferm, hy trek hom die lot van mense wat ly en armes aan en arbei met selfverloënende liefde aan hulpbehoewendes. Daarvan getuig sy onwaardeerbare diens aan die sending, aan die opvoeding van gesigen gehoorgestremdes en van die jeug.

Hy was jare lank voorsitter van die Binnelandse Sendingkommissie en stigter van die Instituut vir Doofstommes en Blindes op Worcester. Hy het ook ‘n groot bydrae gelewer tot die stigting van die NG Kerk se arbeidskolonie op Kakamas. In sy eie gemeente het hy opvoedingsinstellings tot stand gebring, waaronder een waarin verarmde jong seuns gratis gevoed, geklee en in ‘n ambag opgevoed kon word.