Noeline Murray (geb. Barry) 1908 — 1912.
Noeline Barry was ‘n dogter van wyle ds. R. Barry van Calitzdorp, en die eerste vrou van Ds. Louis Murray. Vir jare het sy blymoedig met ywer op die warme Malembo gewerk. Iedereen wat haar geken het, het getuig van haar besonder beminlike karakter. Ook die harte van die inboorlinge het sy gewen. In 1912 is haar oudste seuntjie, Georgie, aan die witseerkeel oorlede, en veertien dae later het ook die liewe moeder aan dieselfde gevreesde siekte beswyk. Haar nagedagtenis was as die lieflike geur van seer kostelike nardus, wat die sending vervul het, nadat die albaster fles gebroke was. (Bron: Murray, A.C. 1931. Ons Nyasa-akker – geskiedenis van die Nyasa sending van die Nederduits Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika. p. 310-11)