Nieuwoudt, Johannes Albertus Frederik

 

gebore

14 Jan. 1943

OORLEDE

05 Jun. 1995

UNIVERSITEIT

BA BTh MTh (US)

gelegitimeer

1974

ORDEN

1975

standplase

1975 Boegoeberg

1979 Arcadia

1982 Upington-Noord

1985 Bethlehem-Noord

1989 Reitz 

EMERITEER

Hansie Nieuwoudt matrikuleer aan die Hoërskool Martin Oosthuizen op Kakamas. In 1962 tot 1963 studeer hy aan die Onderwyserskollege op Wellington en in 1964 aan die Onderwyserskollege op Oudtshoorn. Hy word onderwyser en gee onderwys in Aranos in die destydse Suidwes-Afrika vanaf 1965 tot 1966.

In 1967 gaan hy na Stellenbosch om vir predikant te studeer. Terwyl hy studeer, woon hy in Rondebosch en verdien ekstra inkomste deur as saakgelastigde by die NG Gemeente Rondebosch op te tree. Hy trou gedurende sy studiejare met Lettie Krog. Drie kinders, Hermien, Gideon en Alida word uit die huwelik gebore. Hy behaal die grade BA en BTh en word in 1974 gelegitimeer en studeer verder en behaal sy MTh-graad in 1988.

Sy eerste gemeente, waar hy op 17 Januarie 1975 bevestig word, is Boegoeberg (Groblershoop); Daarna word hy op 28 Junie 1979 in Arcadia, Pretoria bevesig. In 1982 gaan hy na die NG Gemeente Upington-Noord en op 29 Junie 1985 na Bethlehem-Noord. Sy laaste gemeente was Reitz waar hy op 19 Januarie 1989 bevestig word. Hy bly daar vir ses jaar en vier maande tot sy dood op 5 Junie 1995 op 52-jarige ouderdom. Weens kanker het die dood na ‘n Iang lyding ingetree.

Prediking en die suiwer verkondiging van die Woord was vir hom baie belangrik. Hy het ure lank voorbereiding gedoen. Hy het diep spore in die gemeenskap en ook in die Iewens van baie lidmate en andere getrap. Daar het ‘n groot invloed van hom as persoon uitgegaan. Hy was altyd vir sy gemeente en vir sy huisgenote met raad en daad beskikbaar. Hy het die saad getrou gesaai en dit sal nog steeds, op God se tyd, opkom en groei. Hy het eervol gesterwe.

As mens het hy geleef vir sy huisgesin en was hy ‘n heldevolle eggenoot en vader. Hansie was ook baie Iief vir blomme en het ‘n pragtige roostuin gehad. Hy het ook beeskloutjies (ʼn soort vetplant) en mooi klippe versamel.

Mev. Lettie Niewoudt vestig haar in ʼn huis wat hulle op Reitz gekoop het – Gideon Lamprecht verwerk deur DJ Viljoen.