GEBORE
2 Mei 1916
OORLEDE
14 Nov. 1982
UNIVERSITEIT
–
GELEGITIMEER
1890
ORDEN
1891
STANDPLASE
Prins Albert (Hpr.)
1891 Knysna
1899 Germiston
1909 Knysna
EMERITEER
–
Ds. P.R. McLachlan.: Deze broeder overleed op den 19den Desember, 1913, te Goudini. Hij werd aan het Normaal College opgeleid, diende eenigen tijd als onderwijzer; trad in de Evangelie bediening in 1890 als predikant van Germiston van 1899 tot 1909 en bracht de jaren 1909-1913 door andermaal te Knysna. Volijverig was hij in het werk des Heeren: onverschrokken in het aanvaarden van elke moeielijke taak. Vooral in de zaak der opvoeding en in het belang der arme boschwerkers muntte hij uit. Niet weinigen danken hun geestelijk en stoffelijk heil aan zijn onverdroten, onzelfzuchtigen, kinderlijk geloovigen arbeid.
Dr Roelof Mclachlan (2.5.1916 – 14.11.1982) het hom eers in die kerklike barmhartigheidsdiens en later in die politieke lewe onderskei. Hy het in die distrik Goudini grootgeword en hom later, terwyl hy in die staatsdiens in Pretoria gewerk het, deur buitemuurse studie in die maatskaplike werk bekwaam. In Augustus 1943 het hy die eerste voltydse sekretaris van die Christelike Maatskaplike Raad van Pretoria geword en in Augustus 1952 is hy as vakkundige beampte van die Randse Armesorgraad aangestel. Hy was ook sekretaris van die kerklike kommissie van ondersoek insake die gesinslewe. Sy proefskrif oor sorgbehoewende kinders, waarmee hy ‘n doktorsgraad aan die Universiteit van Pretoria verwerf het, het een van die dele van die verslag gevorm. In 1960 is hy benoem as eerste voltydse sekretaris van die Federale Armesorgraad, wat in 1962 die Algemene Kommissie vir die Diens van Barmhartigheid geword het. In die hoedanigheid het hy minstens twee groot kerklike kongresse gereël. Hy het die pos beklee tot hy in 1966 tot Volksraadslid vir Westdene verkies is. Daarna het hy egter nog voorgegaan om deeltydse hulp aan sy opvolger, dr. H. J. Piek, te verleen. In 1977 is hy deur die regering aangestel as Kommissaris-generaal in Lebowa. Hy het die pos vyf jaar lank beklee en is kort na sy aftrede in Johannesburg Oorlede.