Loubser, Johannes Hubertus

GEBORE

25 Nov 1923

OORLEDE

UNIVERSITEIT

BA (UOVS)

GELEGITIMEER

1947

ORDEN

1948

STANDPLASE

1948 Clarens

1951 Petrusville

1953 Cambridge 

EMERITEER

4 Des 1983

Hannes Loubser is op 25 November 1923 op Wepener gebore as die seun van Philip Jacobus Loubser en Maria Johanna Cilliers. Hy matrikuleer in 1940 in Wepener. In 1943 behaal hy die graad BA aan die UOVS. Hy is vir vier 4 maande hulpprediker op Bethlehem waarna hy in 1948 op Clarens georden word. Daarna staan hy in diens te Petrusville en Cambridge. Hy emeriteer op 4 Desember 1983. Hy tree af te Gordonsbaai.

Hy trou op 5 Julie 1948 met Johanna Susanna Loedolff. Sy ontval hom egter op 18 April 1988. Uit die huwelik is drie kinders gebore, nl Ame (* 1/9/1950 + 23/12/1953), Philip Jacobus en Matthys Johannes. Hulle het 1 kleinseun en 4 kleindogters.