Gebore
2 Des. 1909
OORLEDE
7 Nov. 1983
UNIVERSITEIT
MA; MTh (US)
gelegitimeer
1934
ORDEN
1936
STANDPLASE
Johannesburg (Hpr.)
1936 Biesiesvlei
1942 Vorentoe
1943 Coligny
1948 Zeerust
1952 Lichtenburg-Oos
1958 Harmonie (Tvl.)
1962 Sannieshof
EMIRITEER
–
Ds. Harold Christian Botha (2 Des. 1909-7 Nov. 1983) het veral in Wes-Transvaal waar hy die oorgrote gedeelte van sy aktiewe bediening werksaam was, diep spore getrap. Hy was ‘n skakel in ‘n hele ry van predikante: Sy grootvader was ds. M C Botha, wat 18 jaar in Knysna en toe 24 jaar in die St Stephensgemeente in Kaapstad gestaan het, terwyl sy vader, die bekwame ds. Harold S M Botha, nagenoeg sy hele bediening aan die Vrystaatse gemeente Rouxville (1907-1943) gewy het. Daarby was sy grootvader van moederskant ds. J F Marais, wat 36 jaar in twee Oos-Kaaplandse gemeentes gedien het en toe nog 33 jaar rustend was voordat hy in sy 99ste lewensjaar in Oos-Londen oorlede is. Hierdie lyn is voortgesit deurdat twee van sy seuns ook in die bediening getree het. Hy is na aflegging van die kursus aan die Stellenbosse Kweekskool in 1934 gelegitimeer en het ook die grade MA en MTh verwerf. Nadat hy hulpprediker in Johannesburg was, word hy op 18 Jan. 1936 georden en as leraar van Biesiesvlei bevestig. Daarna bedien hy agtereenvolgens Vorentoe (1942); Coligny (1943); Zeerust (1948); Lichtenburg-Oos (1952); Harmonie (Pretoria) (1958); Sannieshof (1962) en Ventersdorp-Oos (1969); totdat hy op 16 Febr. 1975 sy emeritaat aanvaar. Die egpaar vestig hulle in Pretoria en hy sterf op Marble Hall. (Jaarboek 1985).