NG Gemeente Biesiesvlei

NG Gemeente Biesiesvlei (Foto: Hennie le Roux)

gestig

21 Aug, 1935

ring

Ring van Delareyville

Adres

Hoofstraat, Biesiesvlei

eerste predikant

Ds HC Botha

Die NG Gemeente Biesiesvlei is ‘n gemeente in die Goudlandse Sinode.

Op 15 Januarie 1929 vestig die N.G. Kerk ‘n eie gemeente op Sannieshof. Biesiesvlei se mense maak egter sterk beswaar omdat hulle self in die proses was om ‘n gemeente te stig. Toe die saak uiteindelik geskik is, was dit op voorwaarde dat beide Sannieshof en Biesiesvlei as middelpunte sou dien en dat die nuwe gemeente nie Sannieshof of Biesiesvlei sou heet nie, maar iets anders. So het die naam Hartsrivier vir die gemeente ontstaan.
Daar is gestem dat die pastorie op Sannieshof gebou word en dat sowel Sannieshof as Biesiesvlei ‘n eie kerksaal sou kry. Sodoende is die tweeledige Hartsriviergemeente gebore wat onder hierdie ooreenkoms vir byna ses jaar saamgewerk het en waartydens ‘n saal te Biesiesvlei gebou is en ‘n pastorie te Sannieshof.
Ds. G.N. de Kock was die N.G. Gemeente Sannieshof se eerste predikant. Op 21 Augustus 1935 het Biesiesvlei van die Hartsrivier-gemeente afgestig, wat die naam bly behou het totdat dit in 1954 verander is na Sannieshofgemeente. Sodoende het Sannieshof en Biesiesvlei onafhanklik van mekaar geword en hulle eie nuwe kerke en sale gebou.

Predikante