GEBORE
11 Aug. 1887
OORLEDE
4 Jun. 1955
UNIVERSITEIT
–
gelegitimeer
1925
ORDEN
1925
standplase
1929 Barrydale
1951 Bethanie
EMERITEER
1955
Dr. Gustav Theodore Tobias Kikillus, Th.Dr., is op 11 Augustus 1887 op Herbertsdale as seun van ‘n Lutherse sendeling gebore en is op 4 Junie 1955 skielik oorlede. Nadat hy elf jaar onderwyser was, het hy in die teologie gaan studeer. Toe hy in 1925 in Holland sy studies voltooi het, is hy terug na Suid-Afrika en as leraar van ons Kerk gelegitimeer en het vervolgens die gemeente Nieuwoudtville vanaf 1925 tot 1929 bedien. Daarna het by tot 1951 as leraar van Barrydale opgetree en vanaf 1951 tot 1954 (toe by sy emeritaat aanvaar het) het hy die gemeente Bethanië in S.W.A. bedien. Nadat hy sy emeritaat aanvaar het, het hy weer voltyds die gemeente Riversdal-Wes versorg tot sy onverwagte heengaan op 4 Junie 1955, Dr. Kikilluswas ‘n hardwerkende en vriendelike arbeider in diens van die ‘Here.