gebore
19 Jun. 1905
OORLEDE
4 Feb. 1960
UNIVERSITEIT
–
gelegitimeer
1952
ORDEN
1952
standplase
1952 Luanshya
1955 Ndola
EMERITEER
–
As jong man het hy hom aan die Sendinginstituut op Wellington vir die bediening bekwaam, waar hy in 1927 sy studies voltooi het. Nadat hy sy studies aan die Kweekskool op Stellenbosch tussen 1948 en 1952 voortgesit het, is hy in 1952 as predikant gelegitimeer. Eers was hy ʼn tyd lank in die gemeente Luanshya, Noord-Rhodesië, behulpsaam; daarna is hy aan die begin van 1955 as eerste leraar van die nuut gestigte gemeente Ndola bevestig. Kinderlike geloof, nederige eenvoud en lewenswandel en onbaatstigtige pligsgetrouheid was die kenmerke van sy kort maar toegewyde bediening. Hy is op 4 Februarie 1960 skielik oorlede in die ouderdom van 54 jaar. (Jaarboek 1961).