gestig
1954
ingelyf by
ring
Bulawayo
adres
–
eerste predikant
Ds. Stefanus Georg Petrus Daniël Wiehahn
Die NG Gemeente Ndola was ‘n gemeente in die Sinode van MIdde-Afrika. Die gemeente, op die dorp met dieselfde naam in Zambië, is in 1954 van NG Gemeente Luanshya afgestig, maar later by NG Gemeente Nkana ingelyf, wat op sy beurt by Lusaka ingelyf is. NG lidmate in Ndola val sedert 2008 onder die Dutch Reformed Church in Zambia Nkhana.
Die eerste leraar, ds. S.G.P.D. Wiehahn, is in 1955 bevestig. Op 4 Februarie 1960 is hy skielik oorlede nadat hy ‘n toeval gekry het terwyl hy per trein op reis was na sy gemeente nadat hy in Suid-Afrika was. Sy gesondheid het reeds geruime tyd veel te wense oorgelaat, het Die Voorligter in April 1960 berig. Ds. Wiehahn is oorleef deur sy vrou en vier dogters.
Predikante
- Stefanus Georg Petrus Daniël Wiehahn, 1955 – 4 Februarie 1960
- Willem Benjamin Jansen, 1957–1959
- Hendrik Frederik Kotzé, 1962–1963.