
gebore
13 Nov. 1906
OORLEDE
20 Okt. 1970
UNIVERSITEIT
–
gelegitimeer
1931
ORDEN
1933
standplase
1946 Thaba Nchu
1949 Kraaifontein
EMERITEER
1953
Ds. Johannes Hendrik van Wijk, wat op 13 November 1906 as die oudste seun van die bekende eertydse skriba en later moderator van die Kaapse Sinode, ds. A. J. van Wijk, gebore is, was ‘n kleinseun van di. J. H. van Wijk en Charles Murray. Hy tree einde 1931 in die bediening en word in Augustus 1933 as hulpprediker in die Fort Victoria-wyk van die Rhodesiese gemeente Enkeldoorn in die amp bevestig. Iets meer as ‘n jaar daarna volg hy ds. A. J. Liebenberg as leraar van die gemeente op en gedurende nege jaar sit hy die werk met ywer voort, totdat hy om rede van verswakte gesondheid uit die diens tree. Later bedien hy Thaba Nchu (1946) en tot Kraaifontein (1949) waar hy in 1953 weer sy emeritaat aanvaar. Deur volgehoue skryfwerk kon hy egter voortgaan om die koninkryk van die Meester te bevorder. In die plek van sy vader, word hy die opsteller van die gewilde Bybelse dagboekie „Uit die Beek” en buiten werke uit sy eie pen, het ons van hom ook die Afrikaanse bewerking van die Bybelse Ensiklopedie en Ons Lewende Bybel. Met sy kenmerkende deeglikheid en noukeurigheid het hy tot verlede jaar toe die „In Memoriam”-rubriek van die Kerkjaarboek versorg. Verder was hy bibliotekaris van die Teologiese Skool vir ons Sendingkerk in Bellville-Suid. Hierdie „toegewyde, waardige, minsame en beskeie dienskneg van die Here” het op 20 Oktober 1970 in Bellville sy ewige rusingegaan. Ds. A. J. van Wijk van Stellenbosch was sy broer, terwyl sy seun ook ds. A. J. van Wijk, onlangs uit die Bantoe gemeente Bhofolo in Oos-Kaapland na die moedergemeente Thaba Nchu vertrek het. (Jaarboek 1972/540).