
GEBORE
5 Feb. 1870
OORLEDE
4 Okt. 1939
UNIVERSITEIT
–
gelegitimeer
1897
ORDEN
1898
standplase
Bloemfontein (Hpr.)
1903 Petrusburg
1914 Jagersfontein
1921 Jeppestown
Emeritus
1937
Ds. Petrus Albertus Roux is ‘n seun van die gemeente Franschhoek, waar hy gebore is op 5 Februarie 1870. Na opleiding in die Normaal-Kollege, Kaapstad, het hy hom enige jare gewy aan onderwys. In 1894 tot die Kweekskool te Stellenbosch toegelaat, is hy in 1898 gelegitimeer. Sy eerste standplaas was as hulpprediker te Bloemfontein, van hier is hy in 1903 na Petrusburg. Aan die einde van 1914 is hy bevestig as leraar van Jagersfontein en in September 1931 het hy die beroep na Jeppestown aangeneem. Dit was sy laaste gemeente waar hy arbeidsaam was tot 1937 toe hy sy emeritaat aanvaar het. Hy het maar ‘n kort rustyd hier want reeds op 4 Oktober 1939 is hy sy ewige rusingegaan in die ouderdom van 69 jaar. As herder het hy die gawe van organisasie in buitengewone mate besit. Hy was as prediker ‘n redenaar by uitnemendheid. ‘n Man vol liefde, nederigheid en humor het hy ‘n groot vriendekring gehad. Op 6 Oktober 1939 is hy op sy geboorteplaas Franschhoek, ter aarde bestel.