GEBORE
06 Apr. 1916
OORLEDE
13 Feb. 1991
UNIVERSITEIT
–
gelegitimeer
1949
ORDEN
1950
standplase
1950 Douglas
1951 Douglas/Duplooysburg
1961 Swellendam
Emeritus
31 Jan. 1982
Ds. Johannes Paulus Olivier Pienaar, (06.04.1916 – 13.02.1991);
Ds. Pienaar het eers in die gewone arbeid gewerk om vir sy broers te help sorg na die afsterwe van hulle vader. Gevolglik was hy al 33 jaar oud toe by in 1949 op Wellington afgestudeer het.
Sy eerste gemeente was Douglas (sedert 1950); daarna Douglas/Duplooysburg (sedert 1951); toe Swellendam (sedert 1961 tot 31.01.1982 toe hy afgetree het); Hy was dus 21 jaar lank op Swellendam en het daar groot en goeie werk vir sy Meester gedoen.
Hy was ‘n geliefde persoon, wat sy werk vol ywer gedoen het. Ds. Pienaar het nooit politieke motiewe in sy preke laat insluip nie, maar het baie moeite gedoen met sy voorbereiding. Veral was hy ‘n lojale mens aan sy kerk, sy gesin en veral aan sy God.
Na hulle aftrede het die egpaar hulle te Hartenbos gevestig en daarna in ‘n aftree-oord te Mosselbaai. Hy word oorleef deur sy eggenote en twee kinders.