Johanna Murray (geb. Faul) 1905 — 1918.
Mej. Faul is in 1905 as V.S.B. werkster na Nyasaland gegaan. In haar werk het sy haar bekwaamheid openbaar; sy was knap, deeglik, toegewyd en van ‘n ondernemende gees. Daar sy van die Transvaal was, het sy later met Ds. A. G. Murray na Mphatso, die hoofstasie van die Transvaalse sending in Portugees Oos-Afrika gegaan. In 1914 het sy in die huwelik getree met Ds. Louis Murray en na vier jaar vrugbare arbeid as sendelingsvrou te Malembo, het sy onverwags op Mkhoma siek geword en is deur die Heer weggeneem. (Bron: Murray, A.C. 1931. Ons Nyasa-akker – geskiedenis van die Nyasa sending van die Nederduits Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika. p. 311)