gebore
1 Aug. 1935
OORLEDE
10 Mrt. 1973
UNIVERSITEIT
–
gelegitimeer
1961
ORDEN
1962
standplase
1962 Tafelberg
1964 Bredasdorp
1968 Reitz
EMERITEER
–
Ds. Barend Pieter (Ben-Piet) van Zyl, voormalige Springbok-rugbyvleuel en Westelike Provinsie-atleet, sterf plotseling 10 Maart 1973 – slegs twee dae na die skielike heengaan van ds R G Andrag – terwyl hy as skeidsregter in ‘n rugbywedstryd optree. Hy is 1 Augustus 1935 in Rhodesië gebore, waar sy vader indertyd leraar van Gwelo was. Einde 1961 voltooi hy sy studie op Stellenbosch en vervolgens word hy polisiekapelaan en medeleraar in Tafelberg (1962) en daarna predikant van Bredasdorp (1964) en Reitz (1968); Hy was geliefd en geag vanweë sy mooi persoonlikheid en die erns en moedige toewyding waarmee hy sy taak aangepak en deurgevoer het. (Jaarboek 1974/F4).