Stumphius, Johan Frederick

Ds. Johan Frederick Stumphius was die sewende predikante wat in diens van die Nederduitse Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika bevestig is, maar – waarskynlik omdat hy skaars ’n maand in Mei 1678 in die kerk se diens was, erken die Groote Kerk hom nie as een van hul predikante nie. Net sy voorganger, ds. Petrus Hulsenaar, en opvolger, ds. Johannes Overney, word in die gemeente se lys predikante in sy gedenkboek van 1965 weergegee.