Sinode van die ZAR

Agt jaar nadat Potchefstroom gestig is, is Ohrigstad ook aangelê, waar die eerste Volksraad gedurende Januarie 1845 vergader het. (Ohrigstad en Lydenburg was een van die drie gebiede waar Voortrekkers hulle in die Transvaal gevestig het.) Sterfgevalle as gevolg van koors dwing die Trekkers om na die hoër geleë Lydenburg te verhuis waar Lydenburg op 01.12.1849 aangele word. Tydens ds Andrew Murray (jnr) se besoek in 1850 stig hy op 07.01.1850 ‘n nuwe gemeente by Lydenburg wanneer hy die eerste doopregister aanlê.

Die vroeë rolspelers in die kerklike ontwikkeling in die Transvaal was die Ieraars van die Kaapse Kerk wat gestuur is om lidmate en ander ten noorde van die Garieprivier (Oranjerivier) te besoek en kerklik te bedien. Onder hulle was di Andrew Murray (jnr), PK
Albertyn, John Murray, JH Neethling en dr P Faure.

Die Sinodale Kommissie van die Kaapse Sinode het as gevoig van die besoeke aan die
gemeentes in 1850 op ‘n vergadering te Swellendam besluit dat die gemeentes saam met die van Natal tot die Ring van die Transgariep – as ‘n Ring van die Kaapse Sinode – aan
die oorkant van die “Grootrivier” georden word. In 1852 besluit die Kaapse Sinode dat ook
die Transvaalse gemeentes voortaan onder die Ring sou sorteer. In 1852 het al vier
Transvaalse gemeentes versoek am by die Kaapse Sinode ingelyf te word. Uiteindelik –
as gevolg van die politieke en kerklike verwikkelinge – was dit net Lydenburg en Utrecht
(polities deel van Natal) wat gedurende 1854 by die Ring ingeskakel het.

Na die totstandkoming van die ZAR (Zuid-Afrikaansche Republiek) in 1852 (Sandrivier
Konvensie) het daar besware uit die geledere van die Kaapse Sinode gekom teen die
wettigheid van die verteenwoordiging van gemeentes buite die grense van die
Kaapkolonie op die Sinode. Die besware het uitgeloop op die bekende Loedolff-saak met
die uitspraak op 26.11.1862 wat die samestelling van die Kaapse Sinode beperk het tot afgevaardigdes van gemeentes binne die Kaapkolonie. Hiermee het die gemeentes van
die Ring van Transgariep hulle verband met die NG Kerk in die Kaapkolonie verloor.

Voor hierdie hofsaak het die NG Kerk in die ZAR se eie sinodale verband op 22.11.1853
tot stand gekom. (Uit: “Handelingen van den Algemene Kerkvergadering der
Nederduitsen-gereformeerde gemeentes in de Zuid-Afrikaansche Republiek” – Eerste
Algemene Kerkvergadering: 08.08.1853 en volgende dae te Rustenburg met Lydenburg
nie verteenwoordig. Tussen die vergadering en die Elfde Algemene Kerkvergadering op
02.09.1861 te Pretoria, was Lydenburg baie selde verteenwoordig -2 keer?).

In 1856 verklaar Lydenburg hulle polities onafhanklik van ZAR en stig op 11.03.1857 die
Republiek van Lydenburg. In 1858 verenig Lydenburg en Utrecht in die Republiek van
Natalia. Lydenburg besluit op 04.04.1860 om met die ZAR te herenig. Teen 1859 was
Lydenburg die enigste NG Kerk gemeente wat ‘n dominee gehad het, naamlik ds PAC van
Heyningen.

Die vroeë geskiedenis van die kerk en die staat is gekenmerk deur stryd en verskeurdheid.
Tussen 1852 en 1862 vind ‘n aantal staatsgrepe en ‘n burgeroorlog plaas met Pretorius,
Schoeman en Kruger as die hoofrolspelers. Dieselfde persone is ook direk betrokke by die
kerklike skeurings wat lei tot die ontstaan van die Gereformeerde Kerke in SA (10.02.1859) en die Nederduitsch Hervormde Kerk (1861). Dit Iei daartoe dat die NG Kerk in die ZAR hulle op 03.09.1861 finaal Iosmaak van die NG Moederkerk in die Kaap. In 1862 word die naam NG Kerk in die ZAR formeel vervang en kom die Nederduitsch Hervormde Kerk tot stand.

Utrecht se eerste leraar ds Frans Lion Cachet kom in 1864 aan. Hy het hom beywer vir
die her-organiseer van die NG Kerk in Transvaal (ZAR). Uiteindelik slaag hy daarin om
die breekspul wattussen 1852 en 1866 tot die “ontbinding” van die NG Kerk in die ZAR se
kerklike strukture gelei het, om te swaai en vind die “eerste” sinodesitting van die her
georganiseerde NG Kerk in die ZAR (Transvaal) op 03.12.1866 plaas.