GEBORE
–
OORLEDE
1 Nov. 1957
UNIVERSITEIT
–
gelegitimeer
1950
ORDEN
1951
standplase
Emeritus
–
Ds. Johannes Jacob Daniël Schmidt is op Lady Grey gebore en opgevoed. Na sy skoolloopbaan het hy enige jare vir die Spoorweë gewerk om geld vir sy verdere studies te verdien. In 1950 is hy as predikant gelegitimeer en die volgende jaar as leraar van die gemeente Komgha bevestig sy eerste en enigste gemeente. Met tere herinnering word gewag gemaak van sy opgeruimde en lewendige geaardheid en sy besondere vriendelikheid in die omgang. In sy kort maar vrugbare bediening het hy hom veral vir die belange van die sending en van die jeug beywer. Tydens die Sinodesitting is hy in die vroeë oggendure van 1 November 1957 skielik in die jeugdige ouderdom van 36 jaar in Kaapstad oorlede as gevolg van ‘n tragiese motorongeluk.