
GEBORE
30 Sep. 1904
OORLEDE
4 Nov. 1971
UNIVERSITEIT
–
gelegitimeer
1929
ORDEN
1930
standplase
1939 Rosettenville
1949 Edenburg
Emeritus
–
Ds. Jacobus Paul Roux het uit die bekende tak van die familie gespruit wat op die geskiedkundige plaas Libertas digby Stellenbosch gewoon het. Hy is op 30 September 1904 gebore en in 1929 gelegitimeer. Nadat hy in die gemeentes Leipoldtville (1930) en Rosettenville (1939) gestaan het, gaan hy in 1950 na Edenburg. Op 17 Oktober 1971 was hy presies 41 jaar in die bediening en op daardie dag het hy nog, ofskoon reeds ongesteld, die dienste waargeneem. Daarna is hy na die hospitaal, waar hy op 4 November beswyk het. Hy was ‘n praktiese man wat deur sy geestelike arbeid diep spore getrap en geseënde werk vir die uitbreiding van die Godsryk verrig het. (Jaarboek 1972/540).