
GEBORE
16 Nov. 1927
OORLEDE
26 Apr. 1972
UNIVERSITEIT
–
gelegitimeer
1956
ORDEN
1957
standplase
1957 Goedvertrou
1961 Modderrivier-Ritchie
18 Okt. 1969 Lyttelton-Noord
EMERITEER
–
Ds. Abraham Jacobus Olivier het op 26 April 1972 in die ouderdom van slegs 44 jaar onverwags aan ‘n hartaanval beswyk. Hy is op 16 November 1927 op Aliwal-Noord gebore en nadat hy aan die Vryburg se Hoërskool gematrikuleer en sy studies onder baie moeilike omstandighede het, in 1956 in Pretoria tot die bediening toegelaat. Daarna word hy leraar van Goedvertrou (1957); Modderrivier-Ritchie (1961) en Lyttelton-Noord (1969); Hy was ‘n vriend van jonk en oud ‘n nederige mens met besondere persoonlikheidseienskappe, wat nogtans met „sy voete op die grond gestaan” en „deur sy spontane vriendelikheid en eerlikheid mense na hom aangetrek het”. (Jaarboek 1973/466).