NG Gemeente Ottosdal

NG Gemeente Ottosdal

gestig

13 Augustus 1913

Die gemeente is gestig op 13 Augustus 1913. Die samewerking was so goed dat die eerste basaar £1 200 opgebring het. Die Rebellie van 1914 het die gemeente in so ‘n mate verdeel, die kerkraad het dit nodig geag om eers te wag met die beroep van ‘n leraar. Die konsulent en gekose kerkraad is toe gedwing om te bedank en plaasvervangers is in hul plek gekies. In Januarie 1916 was die toestand sodanig dat daar oorgegaan kon word tot die beroep van ‘n predikant. Die eerste keuse het geval op prop. P.J. Swart, wat destyds in die Eerste Wêreldoorlog in Duits-Oos-Afrika as veldprediker by die troepe was. Hy laat hom die beroep welgeval en keer begin Junie 1916 uit Duits-Oos-Afrika terug. Hy is op 23 Junie 1916 onder bokseile georden. Eers het die gemeente met veel moeilikhede te kampe gehad, maar met die koms van die eerste leraar het alles beter begin word. Op 16 Oktober 1916 is ‘n tydelike kerkgebou ingewy.

Die huidige kerkgebou is geleë in Swartstraat, Ottosdal, Noordwes. Ottosdal-Suid en hierdie gemeente het in 2022 saamgesmelt onder die naam Ottosdal.