NG Gemeente Mutare

NG Gemeente Mutare

gestig

1914

ring

Ring van Midde-Afrika

adres

Derdestraat 54, Mutare

eerste predikant

Ds

Die NG Gemeente Mutare (vroeër as Umtali bekend) is ‘n gemeente in Zimbabwe wat in 1917 op die dorp (sedert 1971 ‘n stad) met dieselfde naam gestig is. Dit was die 63ste gemeente van die Vrystaatse Kerk, het van 1957 onder die Streeksinode van Midde-Afrika onder die Transvaalse Kerk geval en van 1963 tot vroeg in die 21ste eeu onder die Sinode van Midde-Afrika, waarna die Sinode ontbind is en tans die Ring van Midde-Afrika in die Noordelike Sinode vorm.

Toe nog die NG kerk Umtali, afgeneem deur die amateurfotograaf John Conroy.

In 1989 het die gemeente nog 104 belydende lidmate gehad, maar teen 2008 het dit afgeneem tot 41 en teen 2012 tot 33 belydende lidmate en vier dooplidmate. In 2015 was dit onderskeidelik 35 en ses, dieselde syfers wat aangegee is in die Jaarboek van 2022. Die gemeente word deur ds. Mattheus Johannes Daniel Beukes in kombinasie met NG gemeente Chipinge bedien.

 

Skets van die NG Gemeente Mutare deur die argitek Wynand Louw