gestig
27 September 1974
ring
Ring van Durban
afgestig van
NG Gemeente Pinetown
Adres
Jubileesingel 49, Escombe
Eerste predikant
Ds CJ Jordaan
Die NG Gemeente Escombe is ‘n gemeente in die KwaZulu-Natal Sinode.
Op 27 September 1974 word ‘n splinternuwe gemeente in die Durban-gebied gebore. Dit was ‘n blye dag vir die 368 lidmate van die pasgebore Escombe gemeente. Maar dit was ‘n lang en moeilike “swangerskap”!
Kort nadat die Boere en Britte vrede verklaar het na die bitter stryd van die Anglo-Boereoorlog, het die ekonomie en nywerhede in Durban begin ontwikkel, soveel so dat die behoefte vir ‘n gemeente daar ontstaan het. In 1913 sien Durban gemeente die eerste lig, met grense van Port Shepstone tot by Cato Ridge in die weste en die Tugela rivier in die noorde. ‘n Reuse gebied! In 1940 stig Noordkus af en in 1941 Durban-Wes en Durban-Suid. Vyf jaar later in 1946 stig Pinetown af van Durban-Wes. Escombe en Malvern word buitewyke van Pinetown.
In 1958 bou die Escombe-wyk hulle eie kerksaal waar daar voortaan dienste gehou sou word. In 1973 word prop. C J Jordaan bevestig as leraar in Pinetown gemeente. ‘n Jaar later, 27 September 1974 hou die Escombe-wyk ‘n vergadering in hulle kerksaal en besluit om af te stig van Pinetown.
Hulle beroep ds. Jordaan van die moedergemeente as hulle eerste leraar. Hy dien as leraar van Escombe-gemeente tot Desember 2010 toe hy emiriteer, ‘n volle 36 jaar! Die geliefde eerste leraar van Escombe bly egter aan in die gemeente as pastorale hulp tot in 2017, kort voor sy afsterwe op 17 November 2019.
Intussen groei die gemeente tot só ‘n mate dat hulle die kerksaaltjie ontgroei en ‘n volwaardige kerkkompleks oprig teen die astronomiese koste van R300’000. Die spoggerige kerkgebou word op 1 Januarie 1981 ingebruikgeneem.
Ds. Jordaan en sy gesin op 14 Desember 1974 in die gemeente verwelkom en bevestig. Ds. Jordaan het Desember 2010 geëmeriteer. Hy was steeds betrokke by die gemeente tot 2015 en is die predikant wat die langste in dieselfde gemeente in KZN gedien het.
Predikante
- C J Jordaan 1974 – 2010
- ?
- G E van Schalkwyk, 2016