
gestig
8 Maart 1981
Ontbind
12 Junie 2022 – eenwording met Bergsig Newcastle
eerste predikant
Ds JA Vorster
Die NG Gemeente Die Kruin is ‘n gemeente in die KwaZulu-Natal Sinode.
NG Gemeente Die Kruin is op die 8 ste Maart 1981 gestig. Eredienste is aanvanklik in ‘n nabygeleë skoolsaal gehou, maar vandag pryk die kerkgebou wat op die 16de April 1983 in gebruik geneem is, aan die noordelike kant van Newcastle. In 1997 is ‘n groot projek aangepak, naamlik die bou van ‘n kerksaal! Naas die saal, huisves die aangeboude gedeelte die administratiewe kantore van die gemeente.
Predikante
- J A Vorster, 1981 – 1989
- Robert Snyman, 1989
- Andre Strydom, 1989 –