NG Gemeente Augrabies

NG Gemeente Augrabies

gestig

1952

ring

Ring van Kenhardt

adres

Hoofstraat, Augrabies

eerste predikant

Ds

Die NG Gemeente Augrabies is ‘n gemeente in die Sinode van Noord-Kaapland.

In sy amptelike kolomrne berig Die Kerkbode van 28 Mei 1952 dat die Ring van Kenhardt op 12 Mel 1952 ‘n nuwe gemeente van die gemeente Marchand afgestig het. Die grense van die nuwe gemeente word soos volg omskrywe: “Soos die grense van die wyk Rhenosterkop altyd was insluitende Slangrivier”. As konsulent is ds P A S le
Roux van Marchand benoem.

Die plaas Rhenosterkop is in 1937 aangekoop om meer behoeftige gesinne te hulp te kom. Op 20 Mei 1939 is die eerste 20 erwe aan proefhuurders uitgegee. Met behulp van die staat is die ontwikkeling deur die Arbeidskoloniekommissie behartig. Teen 1945 was 124 van die 134 erwe toegeken aan behoeftige gesinne met “n skone kans om hul selfrespek en onafhanklikheidsin terug te win.”

Rhenosterkop lé teenaan die westelike grens van die arbeidskolonie wat destyds ook die grens van die gemeente Marchand was. Omdat die Kerkraad van Marchand besef het dat die bearbeiding van die nedersetters op Rhenosterkop sy verantwoordelikheid geword
het, le hy in 1937 ‘n beskrywingspunt voor aan die Ring van Kenhardt met die volgende versoek: “Aangesien Rhenosterkop grensende aan Marchand gerneente deur die Arbeidskolonie Komrnissie aangekoop is, en aangesien dit ‘n uitbreiding van die kerknedersetting is, versoek die Kerkraad die Weleerwaarde Ring om stappe te neem
sodat die grenslyne van Marchand gemeente ook Rhenosterkop sal insluit.” ‘n Afskrif van hierdie versoek word aan die Kerkraad van Kenhardt gestuur omdat die plaas Rhenosterkop tot op daardie tyd stip nog binne die Kenhardtse gemeentegrense geval het. Die Ring voldoen aan die versoek. Hierdie feit benadruk die betrokkenheid van Kenhardt by die totstandkoming van Augrabies later. Die gemeente sou hom vestig op grond
wat tot in die laat dertiger jare feitlik in sy geheel nog deel van Kenhardt was.
Die bande tussen Kenhardt en Augrabies sou ewenwel nog hegter gesmee word. In die lig van “die swak finansiele toestand van Rhenosterkop”, soos I P du Plooy dit stel, is dit te meer begryplik dat ds J A C Weideman by ‘n buitengewone vergadering van die Kerkraad van Kenhardt op 24 September 1954 dit stel dat die Kerkraad van Augrabies gewillig is om die wyk Nous-Wes by hulle in te lyf “en onderneem om die wyk dieselfde bediening te gee soos in die verlede deur die Kerkraad van Kenhardt aan hul gegee is.”  Weliswaar was die afgeleenheid van die Nous-Weswyk van Kenhardt hier ter sprake, maar die toevoeging van ‘n sterk gevestigde wyk soos Nous-Wes, moes vir die jong gemeente van Augrabies geesteIik en stoflik veel beteken het. Kenhardt se verlies was sonder twyfel Augrabies se wins!