NG Gemeente Angolana

NG Gemeente Angolana

(portugese gemeente)

gestig

1979

RING

ADRES

Pomfret

EERSTE PREDIKANT

Isaías de Almeida

 

Beginjare

Die gemeente het ontstaan in 1979 (amptelik Augustus 1981) in die destydse Buffalo basis in die Caprivi-strook in Noordoos Namibië. Die lidmate was hoofsaaklik Portugeessprekende soldate en families van 32 Bataljon wat afkomstig was van Angola, Zambië en Namibië.

Eerste leraar: ds. Isaías de Almeida bygestaan deur ds. Hermanus (Manie) Taute wat as diensplig kapelaan daar gedien het in 1981/2, gevolg deur verskeie dienspligkapelane.

Derde leraar: Volgens oorlewering het daar ook ’n br. Paulo vir ’n tydperk by die gemeente diens gedoen op Buffalo.

Hierna verskuif die basis na Pomfret in die Noord-Kaap. Die eerste doopgeleentheid na die hervestiging vind plaas op 17 September 1989 en volgens die register, was dit ’n ene Florano Antonio. In 1990 word ’n tweede kapelaanspos goedgekeur om die 6000 mense op Pomfret te help bedien.

Die Eenheid word ontbind in 1993 en die meeste weerbare manne word stelselmatig uitgeplaas na ander Eenhede. Die grootste groep na Zeerust. Die Kapelaansdiens keur goed dat ds. Manie Taute 21 geestelike leiers oplei om hulle mense te bedien in die verskillende plekke waarheen hulle verhuis. Hulle ontvang diploma’s van Timothy Training International in Maart 1994.

Vandag

Sedert 2002 was die pos van die Ned. Geref. Kerk Angolana (Pomfret) vakant. Vanaf Mei 2006 het ds. FWC (Frikkie) van Niekerk van die gemeente Bainsvlei in Bloemfontein, saam met die ring van Mafikeng en sinode in Noord-Kaapland die verantwoordelikheid op hulle geneem vir die versorging van die gemeente. Ds. Frikkie van Niekerk is Portugees vloeiend magtig – hy het vantevore in Mosambiek gearbei. Hoewel daar nie ’n voltydse leraar was nie, is die Woord elke Sondag deur die ouderlinge bedien en sakramente eenkeer per kwartaal deur ds. Van Niekerk.

Ds. Mario Hongolo is op Sondag 8 Augustus 2010 gelegitimeer, daarna is hy beroep en op 28 November 2010 is hy as leraar van die Ned. Geref. Kerk Angolana bevestig.

Angolana het dus sy eie predikant, maar ds. Van Niekerk besoek steeds die gemeente kwartaalliks en tree as mentor vir ds. Hongolo op.

Predikante:

Isaías de Almeida

Sidney Middlemost 1986 – 1991

Br Paulo

Hermanus (Manie) Taute September 1990 – 1993.

D J Venter 1991-1995

R A Stanton 1995-1998

Pieter du Plooy 1998-2002

Mario Hongolo 2010