Samuel McClure, 1897 — 1901.

Die broeder is in 1870 gebore in Ierland, en toe hy twaalf jaar oud was het hy tot bekering gekom, maar in sy dagboekie skryf hy dat by vir jare daarna verlang het na ‘n lewe van oorwinning en vrede in sy gemoed. In die jaar 1894 het hy na ‘n konferensie oor die dieper geestelike lewe, ook die volle lewe in Christus sig toegedien. Daarna voel hy al meer en meer ‘n roeping om na die heidene te gaan. Met die oog daarop kom hy uit na Suid-Afrika, en het vir ’n paar jaar as timmerman in Kaapstad gewerk. Toe verneem hy dat ons Nyasa-sending na ‘n timmerman en boumeester soek, en toe hy hom aanbied word hy aangestel en het in 1897 met ‘n geselskap uitgegaan. Die Kerkgebou en pastorie te Mvera en die Kongwe kerk, staan daar as sy monumente. Hy was ‘n stille, sagte, baie minsame broeder, met ‘n leer gewete en ‘n innige gebedslewe. In die jaar 1901 toe hy op Mkhoma was om die bouwerk daar te doen, is hy aan die swartwaterkoors oorlede. (Bron: Murray, A.C. 1931. Ons Nyasa-akker – geskiedenis van die Nyasa sending van die Nederduits Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika. p. 309)