GEBORE
03 Jul. 1935
OORLEDE
07 Jan. 1993
UNIVERSITEIT
–
GELEGITIMEER
1960
ORDEN
1961
STANDPLASE
1961 Carnarvon
1964 Vaalharts
1967 Gamtoosvallei-Oos
1971 Saldanha-Noord
1974 Caledon-Wes
1984 Simondium
EMERITEER
–
Ds August Daniël Luckhoff (BA) (03.07.1935 – 07.06.1993)
‘n Roudiens is op Woensdag 23 Junie in die NG gemeente Simondium vir ds August Daniël Luckhoff, die leraar van die gemeente, wat op 7 Junie 1993 uit hulle strandhuis in Bettysbaai verdwyn het en nooit opgespoor is nie, gehou. Op 28 Julie 1993 is hy amptelik dood verklaar.
Die berig in Beeld van 29 Julie 1993 lui soos volg:”Ds August Daniël Luckhoff, wat verlede maand by sy vakansiehuis in Bettysbaai verdwyn het, is gister in die Kaapse Hooggeregshof amptelik dood verklaar.
“Die aansoek is deur sy vrou, Cordia, ingedien. Hy was sedert die einde van April met siekte¬verlof en sou op 25 Julie sy ontslag kry. Sedert sy siekteverlof tot en met sy verdwyning op 7 Junie, het hulle die hele tyd by hulle strandhuis gebly.
“Ds Luckhoff het in Maart 1961 ‘n beroep as medeleraar na Carnarvon aangeneem. Hierna bedien hy die volgende gemeentes: Vaalharts (1964 tot 1967); Gamtoosvallei-Oos (1967 tot 1971); Saldanha-Noord (1971 tot 1974) en die nuwe gemeente Caledon-Wes waar hy op 19 April 1974 ontvang en bevestig is. Van hierdie gemeente het hy op 29 Julie 1984 demissie gekry en is op 28 Augustus 1984 te Simondium bevestig, waar hy tot met sy verdwyning sou dien.
“Ds Luckhoff was baie toegewyd aan sy werk. Hy was ‘n groot visserman wat dit baie gen iet het om by die see te wees. ‘n Ander groot liefde was perdry.
“Ds Luckhoff is op 23 Junie 1962 getroud met mej Cordia Terblanche, ‘n onderwyseres voor haar troue. Die egpaar het twee dogters, Susanna Martha en Cornelia Wilhelmina. Mev Luckhoff was tot onlangs die skriba van die gemeente Simondium.”