Joubert, Daniel Johannes * 1869

 

GEBORE

24 Jan 1869

OORLEDE

21 Mei 1944

UNIVERSITEIT

Sending Instituut

gelegitimeer

1895

ORDEN

1904

standplase

1904 Mochudi

1914 Vosburg

EMERITEER

1930

 

Eerw. Daniel Johannes Joubert het sy sendelingseksamen in 1895 afgelê toe hy gelegitimeer is. Hy het eers op die stasie Sekwane in verband met die Sending te Mochudi gewerk. Hy is dan ook te Mochudi op 13 Maart 1904 bevestig waar hy later vir agtien jaar werksaam was, toe hy ‘n beroep na Vosburg aangeneem het. Sy lewe was een van liefde en diens en daarby so nederig, kinderlik gelowig en innig godsvrugtig. In sy laaste gemeente het hy sestien jaar gestaan toe hy in 1930 sy emeritaat aanvaar het. Hy het hom toe op Villiersdorp gevestig waar hy nog altyd deur persoonlike arbeid getuig het vir sy Meester. Sy lewe was dan ook versier deur die vrugte van die Heilige Gees wat tot ‘n besieling was vir almal wat met hom in aanraking gekom het. Op 21 Mei 1944 is hy oorlede.