Jackson, Arthur Charles

 

gebore

1875

OORLEDE

27 Jun. 1957

UNIVERSITEIT

gelegitimeer

1903

ORDEN

1907

standplase

Masjonaland

EMERITEER

1942

Eerw. Arthur Charles Jackson is in 1875 in die distrik Beaufort-Wes gebore. Na voltooiing van sy studies het hy eers paar maande op Parow gewerk, en in 1904 is hy na die Mashonalandse sendingveld, waar hy byna veertig jaar gearbei het eers op Pamushana, later as superintendent van die nedersetting vir melaatses naby Morgenster, later op Morgenster self en op Chibi, totdat hy in 1942 afgetree het. Na sy aftrede het hy nog die sendingwerk in Salisbury behartig. Hy is op 27 Junie 1957 op Uitenhage oorlede. “So ‘n ryke, volle lewe van diens en toewyding moet ons in dankbare nagedagtenis hou as ‘n inspirasie vir ons kerk en volk waarmee hy hom so heelhartig vereenselwig het.”