Fouche, Charles Jacobus

 

GEBORE

10 Des. 1952

OORLEDE

11 Jan. 1992

UNIVERSITEIT

GELEGITIMEER

ORDEN

STANDPLASE

EMERITEER

Hy was ‘n Suid-Afrikaanse sendeling in Hongkong en is op 11 Januarie 1992 oorlede. Hy het rugmurgkanker gehad. Die rugmurgkanker is eers twee weke voor Kersfees gediagnoseer nadat hy gekla het van pyn. Dokters in Hongkong het gesê die kanker was reeds in ‘n gevorderde stadium. Ds Fouche was vir sewe jaar verbonde aan die organisasie Jeug-met-‘n-sending. Voordat hy Hongkong toe vertrek het,.was hy predikant van die Ned Geref Kerk in Afrika in Oberholzer. Die NG gemeente Ruyterwacht het die Fouche-gesin in November 1990 as sendeling aangeneem en uitgestuur. Ds C Saayman van Ruyterwacht het getuig dat hulle ds Fouche leer ken het as ‘n man van God wat die eer van die Here voorop gestel het. “Hy was uiters beskeie en sy Meester kon duidelik in sy lewe gesien word. Die werk wat hy in Hongkong gedoen het, was ontsaglik geseënd en vrugbaar”. Ds Fouche was tot met sy dood verantwoordelik vir werk onder die arbeiders in die dorp Yuen Long in die New Territories wat aan Rooi China grens. Twee nuwe gemeentes het reeds in Hongkong as gevolg van sy arbeid ontstaan. Ds Fouche laat sy vrou, Flippie, en twee kinders, Vian en Philip, agter. KobusFouche het sy werk as ‘n besondere roeping beskou. Hy het die Chinese taal vlot leer bemeester. Hy en sy vrou het talle Bybels onder andere in Macalt versprei deur die Macau Bible Institute. Sy werk het kerkplanting en gemeente-ontwikkeling ingesluit asook barmhartigheidsdiens en die bring van die evangelie aan dwelmverslaafdes en straatslapers. Hy het in 1988 by die “Christian Grace Church” in Yeen Long, New Territories aangesluit om met hierdie werk te help. Die werk was veral gerig op persoon tot persoon- en groeps- gesprekke sowel as huisbesoek aan die.nie-Christen-familielede van gemeentelede. In hierdie groot werk is hy ondersteun deur die Wes- Transvaalse Kommissie vir Wêreldsending.