De Vos, Hendrik Johannes * 1884

 

Gebore

2 Jan. 1884

OORLEDE

28 Jun. 1959

UNIVERSITEIT

gelegitimeer

1911

ORDEN

1912

STANDPLASE

1912 Roossenekal

1915 Paulpietersburg

1924 Ladysmith

1927 Superintendent Langlaagte-Weeshuis

EMIRITEER

1954

Ds. Hendrik Johannes de Vos is op 2 Januarie 1884 in die distrik Worcester gebore. Hy is in 1911 gelegitimeer en die volgende jaar as leraar van die gemeente Roossenekal georden en bevestig. Daarna het hy die gemeentes Paulpietersburg en Ladysmith, Natal, bedien. In 1927 het hy direkteur van die Abraham Kriel-kindertehuis op Langlaagte geword, waar hy 27 jaar vrugbare arbeid verrig het, totdat hy sy emeritaat in 1954 aanvaar het. Gedurende sy bediening het hy onder meer gedien op die Raad van die Kerke, was hy een van die stigters van die Armesorgraad aan die Rand, ‘n ywerige lid van die Federale Armesorgraad en van verskeie ander liggame. Hy is op 28 Junie 1959 in die ouderdom van 75 jaar oorlede. (Jaarboek ).