De Villiers, Paul Retief

 

Gebore

19 Mei. 1921

OORLEDE

09 Apr. 2010

UNIVERSITEIT

BA (US)

gelegitimeer

1954

ORDEN

1955

STANDPLASE

1955 Zimuto Masjonaland

1961 Mutare

1966 Morgenster

1969 Penya Radio na Salisbury

1984 Reformed Church of Zimbabwe

EMIRITEER

1987

Paul Retief de Villiers is op 19 Mei 1921 op Beaufort-Wes gebore, as die oudste seun van Retief en Sannie de Villiers. Paul en sy vier susters het op die plaas Courlandskloof naby Nelspoort grootgeword. Hoewel sy ouers Engelssprekend was, was die gesin aktiewe lidmate van die NG Moedergemeente Beaufort-Wes. Hy het sy eerste skoolopleiding op Nelspoort ondergaan en in 1939 aan die Diocesan College (Bishops) in Kaapstad gematrikuleer. Paul het na matriek ingenieurswese aan die Universiteit van Kaapstad begin studeer, maar later sy studie opgeskop en in Junie 1940 by die Suid-Afrikaanse Leër aangesluit. Na sy opleiding het Paul na Egipte vertrek en saam met die Leër weswaarts deur die woestyn tot in Libië beweeg, waar sy eenheid in Tobruk in hewige gevegte op 21 Junie 1942 saam met baie ander Suid-Afrikaanse soldate gevange geneem is as krygsgevangenes.

Hieroor skryf sy vrou: “Die lewe in die kampe was nie maklik nie, eers op verskillende plekke in Libië en toe in Italië. In ‘n kamp in Benghazi (September 1942) het ‘n mede-soldaat, Geoff Shackle, vir Paul oortuig van God se liefde vir hom en het hy sy lewe aan die Here gegee. Daarna was hy ‘n nuwe mens! Op 27 September het Paul en ‘n paar mede-gevangenes ontsnap. Hulle het skuiling gesoek in die omgewing van Montelibretti, ‘n dorpie noord van Rome. Daar het ‘n Italiaanse gesin gereeld vir hulle groep van drie kos gebring. Toe Paul siek geword het, het die gesin hom in hulle huis versorg, ten spyte van die risiko wat dit vir hulle ingehou het. Daar, in ‘n skuilplek, het die Here met hom gepraat oor die roeping om ‘n predikant te word. Dit was vir Paul ‘n groot stryd, want sy pa het verwag dat hy as enigste seun na die oorlog sal kom boer.  Sy pa was oud en nie gesond nie. Uiteindelik, na byna ses jaar in die leer, kon Paul huis toe gaan! Sy besluit om teologie te studeer en nie te boer nie, was ‘n groot teleurstelling vir sy ouers, maar hulle het dit aanvaar.” Na die oorlog is ‘n militêre medalje vir dapperheid aan hom toegeken vir gevaarlike situasies waaraan hy blootgestel was die nag voor Tobruk geval het. Paul het in 1946 op Stellenbosch gaan studeer en die graad BA (Admissie) behaal. Hy het in Maties se eerste hokkiespan gespeel, was voorsitter van die CSV en aktief in die sending betrokke. Na sy legitimasie op 9 Desember 1954 is hy deur die sendingkommissie van die Kaapse Kerk beroep na die Masjonalandse Sending. Soos gebruiklik, is hy op sy tuisdorp georden, en wel op 25 Junie 1955 in die NG Moedergemeente Beaufort-Wes.

Op 23 Julie 1955 is ds Paul de Villiers as sendeling ontvang op die Zimuto-sendingstasie, waar hy ‘n studente-kennis van Stellenbosch, Engela Hurter, beter leer ken bet. Sy het die kwalifikasies BComm en SOD op Stellenbosch behaal en in die sendingveld gaan werk.
Hulle is op 16 Maart 1957 op Rawsonville getroud en uit die huwelik is vier kinders gebore: Retief, Pieter, Suzanne en Lientjie.

Ds Paul de Villiers het in 1961 na die Umtali- (Mutare) gemeente verhuis as sendeling en in 1965 na Salisbury (Harare). Middel 1966 bet by met radiowerk in Sjona op die sendingstasie Morgenster begin, en in 1969 met Penya Radio na Salisbury verhuis om na
by die uitsaaikorporasie in Salisbury te wees. Intussen was by hulpleraar in die Engelse NG gemeente in Salisbury, waar by met die gemeentebediening gehelp het, en sekretaris van die Rhodesia Christian Council was, ‘n evangeliese organisasie waarin die NG Kerk en die
sendingkerk ‘n leidende rol het. Paul het heelwat beroepe na NG gemeentes in Rhodesie en SA ontvang, maar dit het hom elke keer laat besef dat by nog ‘n taak in Rhodesie het, waar hy die hele oorlog tot met die totstandkoming van Zimbabwe in 1981 beleef het. Van 1984 tot 1987 was hy Ieraar van die Reformed Church in Zimbabwe (RCZ) en ná 32 jaar in sendingdiens het hy afgetree as leraar van die Reformed Church in Zimbabwe (RCZ).

Ds Paul en Engela de Villiers het in 1987 op Beaufort-Wes in die Karoo afgetree, die omgewing waar hy gebore en getoë is. Hier het hy uitgehelp in die NG Moedergemeente asook in die twee VGK- en Metodiste-gemeentes op die dorp. In die lente van 2003 het ds Paul en Engela na die Strand getrek, waar hulle later in ‘n woonstel in Huis Pam Brink gewoon het. In 2010 is ds Paul oorgeplaas na Huis Esperanza se sentrum vir Alzheimerpasiente, waar hy op 9 April 2010 oorlede is. ‘n Dankdiens is in die NG Gemeente Strand-Noord gehou deur ds Hercules Malan, ‘n ou vriend. “Gebed was altyd vir Paul van
die allergrootste belang in sy lewe en werk, en sy versoek was altyd: ‘Dat u Naam geëer en verheerlik mag word!’ Dit was sy strewe deur sy hele lewe.” – Dr Gerdrie van der Merwe VDM

 

 

 

Doep se eerste beroep was na die NG Gemeente Eendekuil naby Piketberg, waar hy op 30 April 1955 met handoplegging ontvang en bevestig is. Sy intreepreek het Johannes 15:16 as teks gehad. Voordat hy in 1960 na die NG Gemeente Lindley in die Vrystaat vertrek het, het die gemeente onder sy leiding met ‘n kerk bouprojek begin.

Na ‘n geseënde dienstyd op Lindley het die egpaar die gemeente verlaat en in 1963 na die NG Gemeente Soekmekaar in die Laeveld van Transvaal vertrek, waar hy ook behulpsaam was met die bou van ‘n nuwe kerkgebou. In 1969 is hy in die NG Gemeente Glenwood in Durban bevestig, en ‘n jaar later (in 1970) in die NG Gemeente Benoni-Wes, waar hy vyfjaar lank met oorgawe die Woord bedien het. In 1975 het hy ‘n beroep aanvaar na die NG Gemeente Johannesburg-Sterrewag, maar in 1978 is die gemeente ingelyf by die NG Gemeente Johannesburg-Noord. Ds Doep du Plessis was tydens sy bediening lid van die Sinodale Kommissie in Wes-Transvaal, in die Jeugkommissie van Suid-Transvaal, asook in die Admissie en die Proponentseksamenkommissie op Stellenbosch.

In 1981 het hy leraar van die NG Gemeente Roodepoort-Noord geword, waar hy byna ‘n dekade lank gewerk het totdat hy op 30 September 1990 sy emeritaat aanvaar het. Hy was oral in gemeentes ‘n staatmaker en wyd bekend as snoekbraaikoning by basaar insamelings. In 1989 moes hy ‘n rugoperasie ondergaan en in 1990 ‘n hartomleidingsoperasie, maar hy het merkwaardig op albei herstel. Gedurende vakansies op Waenhuiskrans het hy altyd die eredienste waargeneem.

Hy het ook gehelp met insamelings vir die Christelike Lektuur fonds en was intens betrokke as ouderling by die Bybelgenootskap se aksie Bybels vir Roodepoort.

Ds Doep du Plessis het op 6 April 1955 met Cornelia Magdalene Eckstein, ‘n gekwalifiseerde maatskaplike werker, getrou. Sy het lank vir die Kankervereniging van Suid-Afrika gewerk. Die egpaar het twee seuns aangeneem: Franco Corneliusdu Plessis en Wessel Johannes du Plessis. Laasgenoemde is op 5 Junie 1994 weens breinkanker in die ouderdom van 34 jaar oorlede, ‘n gebeurtenis wat ds Doep erg geraak het. Daar was wel die vreugde van drie kleindogters wat die leed versag het.

Na 2002 is Parkinsonsiekte by ds Doep gediagnoseer, waarna hulle na ‘n aftreeoord verhuis het, en later na die eenheid vir verswaktes oorgeplaas is. Ds Doep is op 15 Maart 2009 oorlede en onder blyke van groot belangstelling vanuit die NG Gemeente Roodepoort-Noord begrawe. – Dr Gerdrie van der Merwe VDM. (Jaarboek ).