De Villiers, Izak Louis * 1920

Gebore

16 Des. 1920

OORLEDE

19 Apr. 1964

UNIVERSITEIT

gelegitimeer

1950

ORDEN

1951

STANDPLASE

1951 Stilbaai

1953 Eloffsdal

1962 Otjiwarongo

1963 Otjiwarongo-Suid

EMIRITEER

Ds. Izak Louis de Villiers is op 16 Desember 1920 gebore. Hy is in 1950 gelegitimeer, en het daarna die gemeentes Stilbaai, Eloffsdal, Otjiwaringo on Otjiwarongo-Suid bedien. Die kenmerk van sy bediening was sy sterk roepingsbewustheid en opregte erns, gepaard met toegewydheid van hart en innemende vriendelikheid, diepe godsvrug en getrouheid in diens van sy en Gods-koningkryk. Hy is op 19 April 1964 in die ouderdom van 43 jaar as gevolg van ‘n motorongeluk skielik oorlede.