De Vaal, Pieter Jacobus

 

Gebore

31 Jul. 1861

OORLEDE

2 Mei 1946

UNIVERSITEIT

gelegitimeer

1893

ORDEN

1894

STANDPLASE

Kimberley

EMIRITEER

1926

Ds. Pieter Jacobusde Vaal is op 31 Julie 1861 gebore. Aanvanklik het hy hom aan die onderwys gewy en hy was alreeds 32 jaar oud toe hy na sy teologiese opleiding aan die Kweekskool te Stellenbosch teen die einde van 1893 gelegitimeer is. Sy eerste en enigste standplaas was Kimberley alwaar hy op 17 Maart 1894 georden en bevestig is. Hy was nie na ‘n maklike arbeidsveld geroep nie, maar daar hy konsensieusvan aard was, het hy hom met die grootste toewyding in alle opregtheid aan die evangeliebediening gewy. Onder alle omstandighede het sy opoffering en liefde deurgestraal en die pastorie was dan ook ‘n toevlugsoord in tye van nood en moeilikhede. Die hospitaal-bearbeiding het veel van hom geverg en daarby het nog gekom die behartiging van die Newton-weeshuis. Vir die jeug van die gemeente het hy alles veil gehad en ‘n doeltreffende saal is ‘n blywende bewys van sy belangstelling. Ook op onderwysgebied het hy sy volle gewig laat geld in belang van die Afrikaanssprekende kind. In 1926 het hy sy emeritaat aanvaar en op 2 Mei 1946 het hy die tyd met die ewigheid verwissel. (Jaarboek ).