De Klerk, Abraham Jacobus Kotze

 

Gebore

1900

OORLEDE

15 Mei 1927

UNIVERSITEIT

gelegitimeer

1924

ORDEN

STANDPLASE

 Ceylon

EMIRITEER

Eerw, A.J.K. de Klerk. 1900 1927. Abraham Johannes Kotzé de Klerk is in Januarie 1921 by die Sendinginstituut, Wellington, as student ingeskrvf om as sendeling opgelei te word. Hy was oorspronklik van Oukiep, Namakwaland. Hy het na vier jaar van studie sy eksamens met goeie gevolg afgelê. Hy was ‘n voorbeeldige student, godvrugtig en toegewy aan sy God en Saligmaker. Sy kinderlike, ernstige en pleitende gebede het altyd indruk gemaak. Hy het hom geroepe gevoel êrens na die buiteland te gaan. Sy aanbod om behulpsaam te wees in die Presbiteriaanse Kerk op die eiland Ceylon is aangeneem. Teen die begin van 1925 is hy daarheen vertrek, na sy huwelik met mej. W. Baard, van Remhoogte, dist. Vanrhynsdorp. Uit sy interessante briewe, waarvan verskeie in ,,De Kerkbode” verskyn het, blyk dat hy ‘n geseënde werk in Ceylon gedoen het, en dit was ook duidelik dat hy vir sy werk toegewyd, gelukkig en besonder ywerig was. In die begin van 1927 is berig ontvang dat sy eggenote in Ceylon nie kon bly nie, weens verswakte gesondheid veroorsaak deur die warm tropiese klimaat. Om die rede het die broeder hom genoodsaak gevoel om van sy werk aldaar afskeid te neem en hom beroepbaar te stel in die Sendingkerk van Suid-Afrika. Hy is toe beroep deur die Sendinggemeente op Kestell. Sy vrou en kindjie het vooruit gekom, en in Maart 1927 het hulle op Wellington aangekom, op weg na haar ouers in die distrik Vanrhynsdorp. Hy sou agterbly in Ceylon om sy werk te oorhandig aan sy opvolger, eerw. S. F. Skeen, wat op 16 Mei 1927 in Ceylon sou aanland. ‘n Paar maande na die vertrek van mev. de Klerk uit Ceylon, het die broeder siek geword, en is na ‘n hospitaal op Colombo geneem. Hy het ‘n ernstige aanval van longontsteking gekry waarvan hy op 15 Mei 1927 oorlede is. Die geneeshere het hul uiterste vir hom gedoen. Sy heengaan is ‘n groot verlies en vir die Presbiteriaanse Kerk van Ceylon en vir die Sending in Suid-Afrika. Hy het hom besonder beywer in die oprigting van ‘n nuwe kerkgebou vir sy gemeente: en die datum vir die inwyding was vasgestel ‘n paar dae voorsy dood. Uit „The Herald van Mei 1927 (die maandblad van die Ned.-Gerf. Kerk in Ceylon) nagehaal ons die volgende aan: Hy het ons ‘n grootse voorbeeld nagelaat. Hy het in alle opsigte ‘n Voorbeeldige lewe gelei ‘n ideale, kristelike lewe, ‘n lewe van gebed, ‘n lewe van geloofsvertroue. Sonder aarseling verklaar ek dat die grondslag van eerw. De Klerk se lewe, sy ,geloof was. Op hom was die beskrywing van Barnabas van toepassing: “Hy was ‘n goed man, en vol des Heiligen Geestes en des geloofs.” Aangaande sy gebedslewe mag ek sê dat so dikwels ek hom in sy woning besoek het, ek hom op die knieë gevind het. Hy was waarlik ‘n man van gebed. Ek het na hom opgesien terwyl hy op die kansel sy siel in die gebed uitstort dit was ‘n gelaat om nooit te vergeet nie, waarop reine erns, vurige liefde en selfverloëning uitdrukking gevind het.”—(Deur Eerw. J. S. Louw.) (Jaarboek ).