Cronje, Johannes Petrus

Ds.Cronje Johannes

Gebore

09 Mrt. 1919

OORLEDE

19 Sept. 1995

UNIVERSITEIT

gelegitimeer

1955

ORDEN

1956

STANDPLASE

Fairlands en Fontainebleau

1959 Fontainebleau

EMIRITEER

Ds. Johannes PetrusCronje BA 09 Mrt. 1919 – 19 Sept. 1995

Hannes Cronje het op Lydenburg grootgeword, sy vader ds. Thos Cronje, was destyds daar predikant. Omdat die gesin verhuis het, matrikuleer hy in Heidelberg in die destydse Transvaal aan die Hoër Volkskool. Hy studeer op Stellenbosch en word georden in 1935.

Hy trou in 1956 met Connie Kruger en hulle het twee dogters, Marianne en Lilian. By sy dood was daar reeds drie kleinkinders. Hulle het ook vier kinders van ds. Cronje se tweede vrou by hulle in die huis, geneem en grootgemaak.

Op 7 April 1956 word hy in die gesamentlike gemeentes Fairlands en Fontainebleau bevestig. Dit het beteken dat alles moes gedupliseer word. In 1959 beroep Fairlands hulle eie predikant en is Hannes Cronje eers vir 12 jaar alleen predikant in Fontainbleau. Vanaf 1971 is daar een en later twee medeleraars. Hulle werk hardlik saam grootliks weens sy hardlike kollegialiteit. In 1986 is daar reeds meer as 2 000 lidmate. Hy help met die oprigting van ‘n sierlike kerkgehou in 1975. Hy bly sy hele bediening in hierdie een gemeente.

Die pastorie was die saamkomplek waar egte boere-gasvryheid geniet is. Die drumpel van die pastorie is letterlik deurgetrap en die telefoon het nie opgehou lui nie. Hy en sy vrou was plat-op-die-aarde mense. Hy het ook ‘n heerlike humorsin gehad. Omdat hy so ‘n mens-mens was, het baie lidmate uit ander gemeentes ook na sy goed voorbereide en weldeurdagte preke kom luister. Hy het die besondere vermoe gehad om tegelykertyd sy intelligente luisteraar sowel as die kind te boei. Die hartaar van sy prediking was: die hefde, en gevolglik was dit vergifnisprediking, teen ‘n agtergrond van sy filosofiese inslag.

Hy het bare aandag gegee aan die armes en gewone mense. Sy besoeke was getrou en gereeld. Elke gemeentelid se verjaarsdag het hy onthou en vroeg in die oggende het hy reeds gebel om huIle geluk te wens. So het hy ook saamgeleef met al die wel en wee van sy gemeentelede.

Hy aanvaar sy emeritaat op 29 April 1986, na 30 jaar diens, weensernsrig verswakte gesondheid. Vir twee en ‘n half jaar moes hy versorg word en gereeld aan niermastjiene gekoppel word. Uiteindelik is hy aan sy hart in sy huis oorlede op 19 September 1993, waar sy vrou hom tot die einde versorg het. – Genteenrehlait verwerk deur DJ Viljoen. (Jaarboek).