Burger, Alewyn Petrus * 1853

Ds AP Burger

Gebore

10 Mei 1853

OORLEDE

30 Okt. 1937

UNIVERSITEIT

US

gelegitimeer

1983

ORDEN

1984

STANDPLASE

Middelburg (Tvl.)

EMIRITEER

1928

Ds. Alewyn Petrus Burger was ‘n seun van Montagu, waar hy op 10 Mei 1853 gebore is. In die begin van 1880 is hy ingeskryf as student aan die Kweekskool op Stellenbosch en in die einde van 1883 het hy sy Proponents-eksamen afgelê en is die volgende jaar na die gemeente Nazareth, nou Middelburg, Transvaal, beroep en daar as predikant georden en bevestig. Daar het hy die hele tyd van sy bediening, vier-en-veertig jaar gebly en met kenlike seën en in die genot van die opregte liefde en onbeperkte respek van die groot gemeente gearbei. Van sy interessante ondervindinge gedurende die Tweede Vryheidsoorlog (1899-1902) as veldprediker en laters as krygsgevangene het hy onder die titel „Worsteljare” ‘n mooi boekdeel uitgegee. In 1928 het hy sy emeritaat aanvaar en 30 Oktober 1937 is hy te Middelburg ontslape (Jaarboek 1938).

Ds Alwyn en mev Janie Burger