
Gebore
16 Jan. 1907
OORLEDE
4 Aug. 1989
UNIVERSITEIT
US
gelegitimeer
1933
ORDEN
1935
STANDPLASE
1935 Postmasburg
1943 Alice
1946 Willowmore
1948 Winburg
1962 Philadelphia
1967 Niekerkshoop
EMIRITEER
1972
Ds. Stephanus Jacobus Botha (16 Jan. 1907- 4 Aug. 1989)
Hy is aan die begin van Augustus 1989 in die ouderdom van 82 jaar op Brandfort oorlede. Hy is op 16 Januarie 1907 gebore en in 1933 op Stellenbosch gelegitimeer. Daarna het hy ‘n tydjie as “Armesorgsekretaris vir kerk en staat” gedien. Vanaf 1935 staan hy in die gemeente Postmasburg. Op 19 Junie 1943 verhuis hy na Alice, 15 Junie 1946 na Willowmore, 20 Maart 1948 na Winburg, 1962 na Philadelphia, 25 November 1967 na Niekerkshoop. Op 4 Augustus 1972 aanvaar hy sy emeritaat en vestig hom op Brandfort. Hy is op Dinsdag, 8 Augustus 1989, uit die NG Kerk Brandfort-Oos begrawe. (Jaarboek 1991/284).