
Gebore
17 Mei 1901
OORLEDE
2 Jun. 1989
UNIVERSITEIT
MA; M.Th.; D.Phil. (US)
gelegitimeer
1937
ORDEN
1938
standplase
1938 Bethulie
1943 Ficksburg
1945 Ladybrand
1948 Viljoenskroon
1960 Direkteur Inligtingsdiens O.V.S.
Emiriteer
1966
Dr Daniel Jacobus Barnard (17 Mei 1901 – 2 Jun. 1989) is op George gebore waar hy ook skoolgegaan en sy onderwysopleiding ondergaan het. Nadat hy tien jaar onderwys gegee het, is hy na Stellenbosch om teologie te studeer. In 1936 behaal hy die M A-graad en in 1937 ook die M Th-graad met lof. Hy verwerf ‘n beurs vir verdere studie en behaal in 1942 die graad D Phil in die Wysbegeerte. Dr Barnard het die gemeentes Bethulie, Ficksburg, Ladybrand en Viljoenskroon bedien voordat hy in 1960 voltyds Skriba van die Sinode en Direkteur van Inligting in die Vrystaat geword het. Hy het in 1966 afgetree en hy en sy vrou. Isabel, het hulle daarna op Parys gevestig. Hulle het die afgelope vier jaar in die tuiste vir bejaardes op Viljoenskroon gewoon. Dr Barnard laat sy vrou en twee kinders agter. (Jaarboek 1990/290).