GEBORE
23 Feb. 1893
OORLEDE
14 Jul. 1937
universiteit
Stellenbosch
GELEGITIMEER
1916
GEORDEN
1917
STANDPLASE
28 Apr. 1917 Deben
5 Jul. 1919 Ladysmith (Natal)
13 Okt. 1923 Petrus Steyn/Edenville
25 Feb. 1928 Worcester
EMERITEER
Ds. Albert Rowan Albertyn was ‘n seun van Ds. Abraham Albertyn en hy is op 23 Februarie 1893 op Lindley gebore, toe sy vader daar predikant was. Na voltooide studie op Stellenbosch is hy in 1916 toegelaat en beroepbaar gestel. Reeds die volgende jaar is hy beroep, georden en bevestig as leraar van die gemeente Deben. Daar het hy nie lank gebly nie, dog in 1919 na Ladysmith in Natal gegaan. Sy volgende standplaas was Edenville van 1923. Sy laaste gemeente was Worcester, sedert 1928 en daar het hy geseënde arbeid tot dit deur sy skielike afsterwe beëindig is op 14 Julie 1937. – Jaarboek 1938