Paryse Evangeliese Sendinggenootskap

Die Paryse Evangeliese Sendinggenootskap is in 1824 gestig. Sendelinge Prosper Lemue, Samuel Rolland en Isaac Bisseux van die genootskap land in Oktober 1829 in Tafelbaai.

Na ‘n onsuksesvolle poging om onder die Bechuana te werk, stig hulle in 1834 op uitnodiging van die Basoeto die sendingstasie by Moria in Lesotho. Hul sendelinge was E. Casalis, F. Coillard, A. Mabille en S. Rolland.

Bisseux was bestem om onder die slawe te werk en hy het bekendheid in die Wagenmakersvallei verwerf. In 1830 het Bisseux die werk van die Wagenmakersvalleise Genootskap oorgeneem. Dit was nou ‘n Franse sendingstasie. Bisseux, ‘n man met groot gawes, talente en toewyding, het ‘n sterk gemeente opgebou. In 1879 — presies vyftig jaar na sy aankoms in Suid-Afrika — is die werk deur die Paryse Genootskap aan die N.G. Kerk oorgedra. Uiteindelik het die werk van die genootskap aihier bygedra tot die stigting of geheel of gedeeltelik van ses gemeentes van die Sendingkerk.

Bron: Kriel, C.J. 1961. Die Geskiedenis van die NG Sendingkerk in SA, 1881 – 1956.