Op 23 September 1828 is die Vereinigten Rheinischen Missions-Gesellschafft gestig. Johann Gotlieb Leipoldt, Gustav Adolph Zahn, Daniel Luckhoff en Theobald von Wurmb kom op 27 Oktober 1829 veilig in die Kaap aan.
Luckhoff begin werk te Stellenbosch en Zahn te Tulbagh. Die werk op Stellenbosch lei tot die stigting van Serepta later jare en op Tulbagh koop Zahn die plaas Steinthal aan.
Leipoldt stig die sendingstasie op Wupperthal en von Wurmb le die stasie Ebenhaezer by die Olifantsrivier aan. In 1840 word die werk uitgebrei na Namakwaland en uiteindelik tot in Suidwes-Afrika.

In die foto verskyn die onderskeie Rynse sendelinge wat in 1886 diens gedoen het.
Voor: F Weich (Kommagas); J Rath (Sarepta); F Brecher (Steinkopf); L Esselen (Worcester). GA Zahn (Tulbagh); PD Luckhoff (Stellenbosch); FJ Lifferbruch (Stellenbosch); JC Krönlein (Suidwes).
Agter: JC Schröder (Pela); Schmolke (Wupperthal); J Hahn (Suidwes); HH Kreft (Williston); GW Weber II; FW Weber I; M Dönges (Concordia); JG Leipoldt (Wupperthal).
Op 23 September 1828 is die “Vereinigten Rheinischen Missions-Gesellschaft” gestig. “Am juli 1829, einen Tag nach ihrer ordinierung, reisten Johann Gottlieb Leipoldt, Gustav Adolph Zahn, Daniel Lückhoff, Theobald von Wurmb… nach Rotterdam ab.”
Daarvandaan is hulle na Engeland waar hulle hul by dr Philip se reisgeselskap aangesluit en almal op 7 Oktober 1829 veilig in Kaapstad aangekom het. Hulle direksie se opdrag was om ‘n afsonderlike Rynse eenheid te vorm.
Al vier die sendelinge was spoedig gevestig. Luckhoff het as sendeling van die S.S.G. na Stellenbosch gegaan; Zahn na Tulbagh; Leipoldt na die Cederberge waar hy ‘n stasie Wupperthal begin het; en Von Wurmb na die Olifantsrivier waar Ebenezer aangelê is.
Met die werk van hierdie vier sendelinge is die grondslag gelê vir die groot en uitgebreide sendingwerk van die Rynse Genootskap, nie alleen in die Westelike Provinsie nie, maar ook in Namakwaland en Suidwes-Afrika.
Die werk op Stellenbosch het uitgebrei na Kuilsrivier waar later die gemeente Sarepta gestig is. Zahn het op Tulbagh die werk ook verder uitgebrei en gekonsolideer. Van belang is die plaas Steinthal, wat deur sy toedoen aangekoop is. Ook die stasies Wupperthal en Ebenezer het verrys as monumente van hul werk- en geloofskrag.
Met verloop van tyd het meer sendelinge aangekom en kon die Rynse Genootskap wat toe reeds goed gevestig was, sy vlerke wyer uitsprei. Die Worcesterse Genootskap is in 1839 aan die Rynse oorgedra met Saron en De Dooms as ,,südlichten Stationen.” Maar die Rynse sendelinge se oë was op Namakwaland gerig. In 1840 het die L.S.G. sy stasies in Namakwaland aan die Rynse Sending oorgemaak. Kommagas en Kookfontein was die eerste plekke wat van die L.S.G. oorgeneem is. Kookfontein se naam is verander tot Steinkopf. “In 1852 gründete Brecher die Station Concordia an der Ostgrenze von Steinkopf.” Ook die Richtersveld met sy gebied van 500 000 morg het die nodige belangstelling geniet.
Veel later is die arbeid aan die Kareeberge aangepak. In 1845 het Lutz en Beinecke die stasie Amandelboom, wat later die dorp Wiliston sou word, opgerig. Christoph Alheit word in 1847 die baanbreker wat ‘n stasie op Schietfontein aanlê waar die dorp Carnarvon, soos dit later vernoem is, ontstaan.
Aihoewel die Rynse Sendinggenootskap in hierdie twee gebiede ‘n groot werk gedoen het, het die swaartepunt van die sending na Groot-Namakwaland verskuif. Die werk in die Unie
was egter van so ‘n deeglike aard dat dit alle buitelandse genootskappe tot ‘n voorbeeld gestrek het. Manne van groot formaat, van innige liefde en toewyding, het hierdie werk op vaste grond geplaas. Hier het hand, hoof en hart verenig tot die geestelike-, tydelike- en opvoedkundige opheffingswerk waarop heerlike seeninge gerus het en vrugte gepluk is.
Die oordrag van die Rynse gemeentes in die Unie het veral in die jare dertig van die twintigste eeu begin. “Die Unterhandlungen mit der N.R.-Kirche wurden dort in verschiedenen Zusammen Künften mit dem Vorstand der Binnelandse Sending der N.R.-Kirche geführt,” en in ‘n baie goeie gees. Op 26 Julie 1932 is tot ‘n ooreenkoms met die N.G. Kerk geraak. Dit het die oordrag van die volgende gemeentes gegeld: Concordia en
Steinkopf in 1934, De Dooms in 1935, Kommagas in 1936, Tulbagh, Worcester, Carnarvon en Stellenbosch tussen 1940 en 1945, Saron in 1946 en Sarepta in 1947. Die volgende stap sou wees om hierdie gemeentes in te lyf as gemeentes van die Ned. Geref. Sendingkerk in Suid-Afrika. Met die uitsondering van Wupperthal het die Sendingkerk eventueel die geseënde erfgenaam geword van die hele Rynse nalatenskap in die Unie.
Bron: Kriel, C.J. 1961. Die Geskiedenis van die NG Sendingkerk in SA, 1881 – 1956.
Lees meer oor die beskikbare bronne hier: Rynse Sendingkerk oorsig en bronne.