London Sendinggenootskap

Alhoewel die Morawiese Genootskap veel ouer was en reeds in 1792 hul werksaamhedc hervat het, het hulle geheel en al geïsoleerd van die ander Protestantse genootskappe gestaan. Behalwe indirek het hulle werk, wat nooit ‘n wye omvang aangenee het nie, geen noemenswaardige bydrae tot die latere gestigte Sendingkerk gelewer nie. Met die Londense Sendinggenootskap was dit anders. Hieruit het die genootskaplike sending in Holland, Frankryk, Duitsiand en Suid-Afrika hul ontstaan te danke. Veral onder die leiding en invloed van dr. Van der Kemp en dr. Philip het hierdie genootskappe, wat so ‘n belangrike aandeel in die bearbeiding van die Bruin bevolking gehad het, hul weg na
Suid-Afrika gevind en hul werksaamhede hier begin. “The advent of the first emissaries of the London Society may therefore be regarded as an epochal event for the cause of Christian missions in South Africa.”

Op 31 Maart 1799 bet die eerste vier sendelinge van die L.S.G. in Kaapstad aan wal gestap. Hulle was dr. J. T. van der Kemp, John Kicherer, William Edwards en John Edmond. Die Nederlansche Genootschap het saam met die L.S.G. gewerk t.o.v. hierdie sending. Op aandrang van die twee genootskappe is nog in April van daardie jaar oorgegaan tot die stigting van die Suid-Afrikaanse Sendinggenootskap. Die S.A. Genootskap het sedert die tyd tot 1811 opgetree as agent van die LS.G.. In die jaar is egter besluit om ‘n superintendent vir die L.S.C. in Suid-Afrika aan te stel. Van toe af het elke genootskap afsonderlik opgetree. Maar alhoewel die nalatenskap van die L.S.G. teen die einde van die negentiende eeu oorgegaan het na die Congregational Union of S.A., het hierdie genootskap ‘n groot bydrae gelewer en invloed uitgeoefen op baie gemeentes wat ‘n tuiste in die N.G. Sendingkerk gevind het. Met die oog hierop is dit belangik om vas te stel welke ondernemings van die genootskap as sodanig erken moet word. Ons noem die volgende:

Die Sakrivier-sending

Die inboorlinge in die Noordweste was getref deur die Christelike gedrag van die blankes, en het een van die boere, Floris Visser, versoek om ‘n deputasie van hulle by te staan om hulle aan ‘n sendeling te help. Hierdie deputasie het gelyktydig met die eerste vier sendelinge van die L.S.G. in Kaapstad aan gekom.’

In antwoord op hierdie roepstem het Kicherer, Edmonds en ‘n jong man van Tulbagh na die Sakrivier vertrek en die sendingstasie onder die Boesmans op Blijde Vooruitzichts Fontein aangelê. “As a mission to the Bushman the work of Kicherer… must be characterised as a failure; but as a steppingstone to the distant north and the developments in the near future of the work among the Griquas and Bechuana, the Zak River mission was not without importance.” Hoe groot die mislukking ook was, dit was die begin van die sendingwerk wat in later jare in die noordweste tot so ‘n geseende werksaamheid sou uitbot.

Die Griekwa-sending

Dit was vir die sendelinge self duidelik dat the Sakrivier sending min vir die toekoms belowe het. Toe daar etlike aan soeke uit die noordelike dele van die Koranas-, Hottentotte- en Basterstamme om en naby die Oranjerivier, tot hulle gekom het
om sendingwerk onder hulle te kom doen, het die sendelinge daarin ‘n duidelike roepstem van die Here gesien. In September 1800 slaag Kicherer daarin om William Anderson, wat pas in Suid-Afrika aangekom het, vir sy voorgenome onderneming te werf. In April 1801 het Anderson en Kramer die sendingstasie Klaarwater 40 myl ten noorde van die Oranjerivier gestig. ,,This led to a commencement of mission work among the people afterwards known as Griquas.” Hierdie onderneming het gou geblyk konstruktief van aard te wees. In 1805 het ‘n derde sendeing, nl. Lambert Janssen, hom by hulle aangesluit. Tussen 1820 en 1822 het sendlinge mekaar vinnig opgevolg. Twee kerkgeboue, een vir die Griekwas en een vir die Betsjoeana’s, was toe reeds opgerig.’ Die sendingstasie is in 1880 deur die Sinode van die Moederkerk by die L.S.G. oorgeneem, en op 2 Desember 1929 is die gemeente by die Sendingkerk ingelyf.

Die Kuruman-sending

In 1801 het William Edwards hom op die walle van die Kurumanrivier gevestig. ,,Dit was die begin van die Betsjoeana-sending.” Die eerste twintig jaar is hierdie werk vertraag as
gevoig van baie terugslae. Eers in 1821 het Robert Moffat en sy baanbreker-sendelingvrou, Mary, op Kuruman aangekom waar hulle ‘n stasie aangelê het wat in die daaropvolgende dertig jaar van die grootste belang vir die Betsjoeana-sending sou word. UIt Kuruman is onregstreeks invloed op die Ned. Geref, Sendingkerk uitgeoefen. Nie alleen was die Griekwas op Griekwastad baie jare lank aan die L.S.G. verbind nie, maar in wyer kringe het die steeds groeiende Kleurlingbevolking in Noord-Kaapland daarin gedeel. Veral op die Bantoe-lidmate van die Sendingkerk, is geseënde invloed uitgeoefen. In 1951 is al die
Bantoe-lidmate in die deel aan die Ned. Geref. Bantoekerk oorgedra, en het selfs Kuruman ‘n N.G. Bantoe-gemeente geword.

Die Namakwa-sending

Van veel groter belang vir die sendingwerk onder die Bruin mense is die van die L.S.G. in Klein- en Groot-Namakwaland. In 1805 is drie Duitsers deur die L.S.G. afgesonder vir die
werk onder die Namakwa-stamme aan weerskante van die Oranjerivier. Hulle was die broers Christiaan en Abraham Aibrecht en Johannes Seidenfaden.

Hulle het op ‘n paar plekke sendingstasies begin nl. Kakamas, Warmbad noord van die Oranje, en Pella aan die Oranje, maar sonder welslae. In die loop van 1808 het Seidenfaden van die owerheid verlof ontvang om aan die Kamiesberge ‘n stasie onder
mense van Cornelis Kok te stig. In 1811 het meer sendelinge na die geweste gekom. Hiermee was die deur vir die sending Kiein-Namakwaland ontsluit. Dit het die weg vir ander Sendinggenootskappe gebaan wat ‘n groot erfenis aan die N.GSending sou nalaat.

Die Bethaldorp-sending

Na Van der Kemp en Edmond se mislukte poging om sendingwerk op die oosgrens onder die volk van Gaika te begin, was hulle voor die einde van 1801 terug op Graaff-Reinet. Hier het hulle binne ‘n jaar die fondamente van ‘n betekenisvolle sendingwerksaamheid gelê wat by hul vertrek aan die sorg van die S.A. Genootskap oorgedra is.

Van der Kemp en Read het toe na Algoabaai vertrek waar hulle die Bethalsdorpse sendingstasie opgerig het. Hier het Van der Kemp se sendingmetodiek gelei tot totale vryheid, gelykheid en broederskap. Hierdie eienaardige sendingmetodes het
aanleiding gegee tot ‘n gespanne verhouding tussen die sendelinge en die boere van die omgewing. Dit het ‘n ongelukkige maar ook afbrekende tydperk vir die sending veral in die Oostelike Provinsie onder die sendingfilantrope ingelui.

Alleenstaande stasies

Ander plekke wat aanvanklik deur die L.S.G. beheer is, en later of gemeentes van die N.G. Sendingkerk geword of hulle sterk beInvloed het, was: Die Caledon-Instituut (Zuurbraak) in
1811; Hoogekraai digby George in 1813; Hankey aan die Gamtoosrivier, 1822; en Paarl, 1820.
Wat hier in bree trekke aangewys is as besondere bydraes in die wordingsgeskiedenis van die Sendingkerk, sluit nie ander plekke en omgewings ult nie. Die L.S.G. se besondere bydrae kan dan kortliks saamgevat word as belangrik wat betref die ontsluiting van die Noordweste en die Oostelike Provinsie vir die sending, waardeur die N.G. Sendingkerk eventueel groot voordeel verkry het. Maar die L.S.G. in samewerking met die S.A. Genootskap het ook plekke soos die Paarl, George en ander strategiese punte, wat van groot waarde vir die toekoms was, aan die Sendingkerk besorg.

Bron: Kriel, C.J. 1961. Die Geskiedenis van die NG Sendingkerk in SA, 1881 – 1956.