Morawiese Sendinggenootskap

Die Morawiese Sendinggenootskap was die eerste om die Suid-Afrikaanse sendingveld te betree. Op 9 Julie 1737 arriveer sendeling Georg Schmidt in Kaapstad. Hy begin sy werk in Baviaanskloof naby Caledon, wat later sou bekend staan as Genadendal.