
gebore
11 Mei 1924
OORLEDE
14 Okt. 1980
UNIVERSITEIT
–
gelegitimeer
1949
ORDEN
1950
standplase
1950 Lydenburg
1951 Eendracht
1957 Kempton Park-Noord
1961 Klerksdorp
4 Mrt. 1967 Rustenburg-Suid
EMERITEER
–
Ds David Schalk Jacobs (11.5.1924 – 14.10.1980) van Rustenburg-Suid het in ‘n motorongeluk tussen Pretoria en Rustenburg omgekom. Hy is in die distrik Boshof gebore, maar hy word op Klerksdorp groot waar hy ook sy skoolloopbaan begin en voltooi. Sy akademiese en verdere teologiese toerusting ontvang hy aan die Potchefstroomse Universiteitskollege en die Stellenbosse Kweekskool. sy legitimasie einde 1949, word hy 18.3.1950 in Lydenburg bevestig, maar daarvandaan gaan hy reeds einde 1951 na Eendracht. Nog twee gemeentes, Kemptonpark-Noord (1957) en Klerksdorp (1961); het die voordeel van sy bediening, voordat hy 1967 na sy laaste gemeente vertrek. Hy was ‘n begaafde mens en ‘n helder denker wat sy saak in beeldryke taal met oortuiging kon stel en na wie mense met aandag geluister het. Baie van sy kollegas het hom as die man met die “silwer tong” geken en daarby het hy altyd deeglik voorbereid op die kansel gekom. Verder was hy ‘n nederige en opregte mens met ‘n oog en smaak vir die eenvoud. In die laaste jare van sy lewe, toe sy gesondheid geleidelik verswak het, verskyn daar van hom ‘n paar stigtelike werke. In sy jong dae was hy ‘n goeie atleet en rugbyspeler. (Jaarboek 1982/257).