Hurter, Rossouw

 

gebore

1 Jun. 1937

OORLEDE

12 Jul. 2003

UNIVERSITEIT

(BA, BTh, MTh)

gelegitimeer

ORDEN

standplase

EMERITEER

Rossouw Hurter is op 1 Junie 1937 op Christiana aan die Vaalrivier gebore, die jongste vandrie kinders. Sy vader Johan Hurter was ‘n toegewyde onderwyscr en sy moeder Ella Maria Rossouw, al die jare musiekonderwyseres op die dorp en jare lank orreliste van die NG Moedergemeente Christiana. Rossouw deurloop sy hele skoo I loopbaan op Christiana en matrikuleer in 1954 aan die Hoërskool Christiana, waar hy in die kadetorkes uitblink.

Hy wou houtwerkonderwyser word, maar gedurende die veertiendaagse katkisasie in dic konsistorie van die ou Moederkerk onder leiding van ds Tinie Britz, voel hy geroepe oin predikant te word. Hy vertrek na die PU vir CHO op Potchefstroom waar hy einde 1957 die BA-graad bchaal, maar moes eers skoolhou om fondse te verkry om sy teologiese opleiding te voltooi. Hy hou in 1957 skool op Hilton Kollegc in Natal. Rossouw begin in 1959, die eeufeesjaar van die Teologiese Seminarium op Stellenbosch, sy oplciding in die Eikcstad, verwerf die BTh-graad en word op 6 Desember 1962 gelegitimeer.

Rossouw doen aanvanklik afloswerk by ds S Boshoff in Port-Elizabeth, maar spoedig loop sy pad na Rhodesië waar hy op 11 Mei 1963 in die NG Gemeente Bulawayo-Noord ontvang en bevestig word. Hier trou hy op 18 Desember 1965 met mej Ria du Preez, ‘n boorling van die mooi land waar haar ouers as pioniers diep spore trap. Dit was wonderlike tye en die Afrikaner gemeenskap het pas die onafhanklikheidsverklaring van die eerste minister Ian Smith beleef. Hier is hy voorsitter van die KJV gebiedsunic se bestuur en is nou betrokke by jeugbediening in die sinodale gebied. ‘n Roepstem tenig na die Republiek van Suid-Afrika lci die leraarspaar na die suide en Rossouw word op 15 ApriL. 1967 bevestig in dic NG Gemeente Bellville-Strandweg. Hier vestig hy die grootste KJ V in Kaapland en help met die bou van ‘n nuwe kerkgebou en pastorie. Fliemaword hy op 2 Oktober 1971 kapelaan in die SAW Eerste Lig, waar hy sy liefde vir jeugwerk ten volle uiticef.

Op 13 Februarie 1976 word hy leraar van die NG Gemeente Jan Kempdorp, waar hy betrokke is met die bou van ‘n ouetehuis, kategeselokale en ‘n tweede pastorie. Tydens sy bediening van 7 jaar in die Noord-Kaap is hy die leier en organiseerdcr van Skoolverlaterskampe in Noord-Kaapland, ‘n taak wat hy baie gen iet en met passie verrig. Op 25 Maart 1983 word hy leraar van die NG Gemcente Bloemhof-Oos, maar op Kersdag 1983 tydens sy verlof op Kleinmond kry hy ‘n groot hartaanval wat lay wonderbaarlik oorleef. Hieroor skryf sy vrou Ria: “Hy het toe pas in sy laaste gemeente aangekom en dit hct moeilik gegaan. Maar in 1984 ondergaan hy ‘n hartomleidingsoperasie en gee die Hcrc hom ‘n twecde lewenskans en kon hy weer met bcperkte liggaamskrag maar met ywer vir Hom werk. Hy is 20 jaar later eers aan sy hart oorlede”. Hy studeer ook verder en verwerf in 1991 die MThgraad in Jeugwerk aan die UOVS en was besig met sy doktorsgraad ten tyde van sy afsterwe.

Ds Rossouw en Ria Hurter werk op Bloemhoftot hy na 34 jaar in diens van die Here weens mediese redes in 1997 sy emeritaat aanvaar. Hy sterf op 12 .lulie 2003 en word onthou as ‘n mens-mens, geliefde pastor wat met getrouheid in die Wingerd van die Meester gedien het. Hy word oorleef deur sy vrou Ria wat steeds in Bloemfontein woon, asook vier kinders: Johan, is ‘n tegnikUSin Pretoria. Marietjie Claassen, is ‘n Maatskaplike werker in Mooinooi. Louise Bamard is ‘n verpleegsuster en woon in Londen. Elmarie Scholtz is ‘n onderwyseres op Stella in die Noordkaap. – Dr Gerdrie van der Merwe.