Zietsman, Casper Badenhorst

 

gebore

25 Des. 1907

OORLEDE

28 Jun. 1982

UNIVERSITEIT

BA (UP)

gelegitimeer

1952

ORDEN

1953

standplase

1953 Burgerspark

1956 Salisbury

1961 Vasco

EMERITEER

1975

Ds. Casper Badenhorst Zietsman (25.12.1907 – 28.6.1982) was al ʼn man van rype ervaring, onder andere in die Polisiemag, toe hy buitemuurs met die studie begin wat hom uiteindelik toegang tot die bediening sou gee. Hy is by Brandwag in die distrik Mosselbaai gebore, maar omdat sy ouers intussen na die Oos-Vrystaatse distrik Ladybrand verhuis het, gaan hy op Hobhouse skool. Nadat hy ʼn geruime tyd in die Polisiediens gestaan het en later hoof van die Norwoodhuis-(verbetering)skool by Langlaagte in Johannesburg was, doen hy lank as organiserende sekretaris ʼn groot werk in belang van die Christelike Polisie- en Gevangenisdiensvereniging. Intussen kry hy die BA (Admissie) en toe word hy tot die Fakulteit van Teologie aan die Universiteit van Pretoria toegelaat. Op grond veral van sy ondervinding in die SA Polisie kry hy ʼn jaar afslag van sy studie, met die gevolg dat hy in 1952 gelegitimeer word. Reeds. op 16.1.1953 volg sy bevestiging as die eerste leraar van Burgerspark in die Voortrekkergedenksaal in Pretoria en daarna bedien hy ook Salisbury in die destydse Rhodesië (*1956) Vasco op die Kaapse Skiereiland (*1961) met groot seën, totdat hy op 2.3.1975 sy emeritaat aanvaar. Tydens sy bediening in die huidige Zimbabwe was aktuarius van die Sinode van Midde-Afrika. Weens sy polisie-ervaringe het hy ʼn baie strenge lewensvrug kyk gehad: vir hom was iets of reg of verkeerd. Gedring deur ʼn vurige liefde vir Christus Jesus met ʼn diepe roepingsbewustheid besiel, verrig hy sy taak met ywer en toewyding. Na sy aftrede gaan sy eggenote en hy eers na Bloemfontein, maar late woon hulle tot sy onverwagte heengaan op Parys. Hy was ʼn ouer broer van ds. J L P Zietsman van, Buffeljagsrivier. (Jaarboek 1983/269).