Zeeman, Marthinus Theunis Steyn

 

gebore

25 Okt. 1924

OORLEDE

31 Okt. 2004

UNIVERSITEIT

(BA, MA, DPhil)

gelegitimeer

1948

ORDEN

1949

standplase

1949 Melmoth-Eshowe

1954 Pietermaritzburg-Suid

1957 Berg-en-Dal

EMERITEER

1987

Marthinus Theunis Steyn Zeeman is op 25 Oktober 1924 op die plaas Witklipskroon in die distrik Paul Roux gebore, die tweede jongste van ses seuns van Pieter en Kitty Zeeman. Omdat die beskikbare familiename opgebruik is, venmem sy ouers hom na die laaste president van die Vrystaatse Republick, MT Steyn. Hy ontvang sy eerste skoolopleiding van 1930 tot 1935 aan die Laerskool Krom spruit in die distrik Paul Roux, van 1937 tot 1938 aan die Hoërskool Paul Roux. Hiema is hy ʼn leerling aan die Voortrekker Hoërskool op Bethlehem waar hy in 1940 op die jeugdige ouderdom van 15 jaar matrikuleer.

Reeds. vroeg in sy lewe voel Tienie geroepe orn predikant te word, ʼn groot oomblik in die lewe van sy godvresende ouers wat hulle seuns in die vrese van die I lere grootmaak. In 1941 begin sy studie aan die UOVS in Bloemfontein. Tienie bly dwarsdeur sy lewe ʼn student en behaal die volgende grade: BA(*1943); MA(I 946); DPhil(*1956)en BA (Hons) in 1989. Na ʼn studie van vier jaar aan die Teologiese Seminarium op Stellenbosch, word hy op 25 November 1948 as proponent gelegitimeer. Tydens sy studiejare op Bloemfontein ontmoet hy vir Marie Weideman, ʼn onderwyseres wat voor hulle troue onderwys gee op Harrismith en aan die Bloemhof Meisieskool op Stellenboseh. Na ʼn verlowing van sewe jaar trou prop MT Steyn Zeeman met sy bruid Marie op 24 Februarie 1949 in die Tweetoringkerk in Bloeinfontein. Sy is die dogter van Hendrik Wiedeman, plaasvoonnan van wyle pres MT Steyn en sy vrou Tibbie, die laaste presidentsvrou van die Vrystaatse Republiek. Marie word saam met die Steynkinders op Onze Rust groot en daar bestaan ʼn besondere verhouding tussen haar en ouma Steyn wat eers in 1955 sterf. In die dekades wat kom is dr en mev Tienie Zeeman gereelde besoekers aan huis van regter en mev MT Steyn, die predikantspaar wat in woord en daad verbind is met die ou Vrystaatse Republiek se gister.

Twee weke na sy troue word prop Tienie Zeeman op 12 Maart 1949 met handoplegging in dic NG Gemeente Melmoth/Eshowe in Natal ontvang en bevestig, waar hierdie jong leraarspaar hardwerk en hulle voete in die bediening vind. Op 27 Augustus 1954 word ds. Tienie leraar van die NG Gemeente Pietermaritzburg-Suid, waar hy in die pragtige stad werk tot hy ʼn roepstem na die Vrystaatse hoofstad gehoorsaam. Begin 1957 aanvaar hy ʼn beroep as eerste leraar van die nuutgestigte NG Gemeente Berg-en-Dal in Bloemfontein, ʼn leraar wie se naam hom alreeds. aan die Vrystaatse geskiedenis verbind het. Op die groslys was 28 name en die finale keuse is tussen ʼn landman (dr WA Landman van Kaapstad) en ʼn seeman (dr MTZ Zeeman van Pietermaritzburg); Op 16 Februarie 1957 word hy deur sy broer ds. JPJ Zeeman bevestig, ʼn groot oomblik vir die gemeente en egpaar om terug te wees op Vrystaatse bodem. Hier werk hu I I e hard en vaste boustene word gelê, ook die inwyding van ʼn nuwe kerkgebou in 1959 en ʼn gemeentesentrum in 1966. Na al die jare onthou lidmate hom as iemand wiese persoonlike verhouding met Godalleten-eine van sy lewe geraak het, ʼn predikant met ʼn passie vir dic jeug en afvlerk mense. ʼn Predikant met ʼn opregte belangstelling in lidinate se probleme en iemand met ʼn luisterende oor. Onder sy leiding word reeds. in 1969 ʼn erediens vir kinders jonger as tien jaar in die kerksaal gehou, onder sinodale teenkanting en twintig jaar voordat dit algemene praktyk in die NG Kerk word. ʼn Afsonderlike wyk word ook onder sy drytkrag gestig vir Engelssprekendes en buitekerklikes in die stad, dit word in 1975 die Duteh Reformed Church Andrew Murray in Bloemfontein.

Op 1 Desember 1974 ontvang hy demissie van die kerkraad van Berg-en-Dal om aan die Hugenote Kollege op Wellington senior lektor te word in Sosiologie, ʼn vakgebied waarin hy doktoreer. Die verskuiwing van kansel na kateder was vir dr Tienie ʼn baie moeilike aanpassing, hiervan kan die skrywer getuig wat hulle dikwels besoek het in hulle huis aan die voet van Groenberg. Die verI ange en hunkering na die voltydse bediening is so groot dat hy binne drie jaar terugkeer op 1 April 1978 as herder en leraar van die NG Gemeente Pierneef in Pretoria. Hy is soos voorheen betrokke by sinodale sake en is ook ʼn aktiewe skrywer, selfs vyf jaar gelede is hy die mede-outeur van ʼn boek oor Reformatoriese kerkvernuwing saam met prof Johan van Rensburg van die Fakulteit Teologie aan die UV in Bloemfontein. In dic gemeentebediening is dr Tienie Zeeman sielsgelukkig en leef met oorgawe tot met die aanvaarding van sy emeritaat op 25 Januarie 1987.

Na die aanvaarding van sy emeritaat vestig die gesin hulle op Witbank en doen dr Tienie steeds. krisisberading, skryfwerk en is hy behulpsaam in verskeie gemeentes. Hy preck op ʼn gereelde basis in Edenpark en Schoongesicht. Tot die einde toe is sy sinvolle Woordbediening, sy Gerefonneerde Calvinistieselewensbeskouing, toegewyde pastorale bediening en skerp intellek en op datum bly met die teologie, ʼn voorbeeld vir sy kollegas in die bediening. Uit sy huwelik is vier kinders gebore: Pietie, getroud met Petro en hulle woon in Bloemfontein. Hanlie, getroud met Reinhardt en hulle woon op Witbank; Henk, getroud met Estelle en hulle woon in die VSA; Tienie, getroud met Elsabê en hulle woon in Kaapstad. Daar is 13 kleinkinders vir oupa Tienie en Marie Zeeman. flenk volg die voetspore van sy vader en is tans ons na Grabouw waar ek en my suster matrikuleer. Hier het my ouers die nuwe kerk help bou en nege jaar vertoef tot die kerk afbetaal is, want hy het geglo dat hy nie skuld vir ʼn opvolger moet nalaat nic. Van Grabouw is hulle na die NG Kerk Die V lakte gcmeente waar hy werksaam was tot met sy aftrede op 65 jarige ouderdom”.

Na sy emeritaat in 1988 vestig ds. Roelie en Lolla Venter hulle op Kuilsrivier en verhuis later na Panorama by Parow waar hulle woon tot met haar afsterwe op 31 Maart 1999.  Hierna verruil ds. Roelie die Kaap vir Natal en word ʼn inwoner van die Tuinsig Tehuis vir bejaardes in Durban. Ds. Johann skryf: “Hicr het hy drie jaar lank diep spore getrap onder die bejaardes en was vir my van onskatbare waarde as hulp in die pastorale versorging van die bejaardes in Tuinsig. Hy het toe besluit om weer met ʼn ou liefde van sy jeugjare Nellie, te trou.Hulle het na mekaar omgesien totdat die kanker sy dood veroorsaak het”.

Ds. Roelie Venter sterf op 15 Maart 2005. Ds. Johann onthou: “Hy sal onthou word as die predikant wat altyd ʼn deuntjie gefluit het, soos hy by geleentheid gesê het toe ʼn lidmaat hom vra waaraan hulle hom sou ken. Sy woorde was sy weintjie (hy het deunnekaar geraak met wysie en deuntjie) tot ons groot vermaak en tot die lidmaat se groot verontwaardiging. Hy het altyd ʼn grappie met almal gemaak en was ʼn geliefde mens, omdat hy homself altyd vir ander gegee het en dikwels ten koste van homself – Dr Gerdrie van der Merwe. (Jaarboek 2005).