Worst, Gerrit Dirk

 

gebore

21 Jan. 1889

OORLEDE

28 Sep. 1970

UNIVERSITEIT

gelegitimeer

1916

ORDEN

1917

standplase

1917 Lydenburg

1929 Potchefstroom

EMERITEER

1954

Ds. Gerrit Dirk Worst is op 21 Januarie 1889 as seun van ‘n Hollandse immigrante seun gebore en einde 1916 gelegitimeer. In Junie 1917 in sy eerste gemeente, die historiese Lydenburg, bevestig, gaan hy presies twaalf jaar later na die ewe historiese ou Transvaalse dorp Potchefstroom, waar hy vir die orige kwarteeu van sy bediening met toewyding en ywer arbei. As emeritus het hy ‘n tyd lank as fonds organiseerder van die Abraham Kriel-Kinderhuis opgetree. In sy laaste lewensjare het hy naby Lydenburg gewoon, waar hy op 28 September 1970 heengegaan het. In die Transvaalse kerklike lewe het hy ‘n leidende rol gespeel en hy was dan ook die eerste assessor van die Suid-Transvaalse Sinode. (Jaarboek 1972/541).